“Kill the Boer, Kill the Racist, Kill Afrikaans!”, lui ʼn pamflet op die Puk glo

Die pamflet wat glo op die NWU se Potchefstroomkampus versprei word.

Die pamflet wat glo op die NWU se Potchefstroomkampus versprei word.

‘n Pamflet wat lui: “Kill the Boer, Kill the Racist, Kill Afrikaans.” is vandag glo wyd op die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus versprei.

‘n Puk-student het aan Maroela Media gesê hy het Maandagoggend die pamflet gesien toe hy die badkamer in die ouditorium besoek het.

“Die dreigemente op die strooibiljet het my nie net in die gesig gevat nie, maar maak my ook onveilig voel op die kampus en selfs ook in Potchefstroom.”

Maroela Media het ook verneem dat die pamflet by talle badkamers op die kampus versprei is.

AfriForum Jeug het intussen die ‘rassehaat-pamflet’ ten sterkste veroordeel.

Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, sê die pamflet bevat ’n Afrika-bevrydingsembleem soortgelyk aan dié van Sasco en lui: “Kill the Boer, Kill the Racist, Kill Afrikaans.”

“Ons eis dat die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) onmiddellik dié geval in hulle verhoor insluit en ’n volledige ondersoek loods.

Dit is duidelik dat daar ekstremistiese studente is wat nie met minderhede wil saamleef met wedersydse erkenning en respek nie,” het Maree gesê.

“Hierdie pamflet bevat duidelike haatspraak teen Afrikaners en Afrikaansprekendes, en verder sweep dit mense op om rassemoorde te pleeg,” sê Maree.

AfriForum Jeug het ’n skrywe aan die NWU én die SAMRK gestuur waarin geëis word dat ’n onmiddellike ondersoek van stapel gestuur word om te bevestig wie die individue en organisasie is wat die haat-pamflette versprei.

“Die SAMRK moet eerder op sulke blatante haatspraak fokus en begin besef dat Afrikaners ook slagoffers van rassisme is,” het Maree afgesluit.

Maroela Media wag vir terugvoer van die NWU.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Ania ·

“Take back” – interessant dat die “comrades” reken die puk het aan hulle behoort, of was Totius en kie dan kastig kommuniste? Beslis nie. Hulle lieg so dat hulle hulself glo. Dink seker kastig hulle het jarelange moeite gehad om die puk op te bou tot ‘n spog universiteit.

Ferdi ·

Lyk my daar is maar deesdae baie Nazi propoganda tiepe aktiwiteite op die PUK aan die gang

Bernard ·

Asseblief vertel my wat Nazi’s met rassisme te doen het? Soos ek onthou met graad 9 geskiedenis was Nazi’s teen jode

VerVanRyn ·

O my moord! Eks nou opesweep! Hierdie gemors moet net probeer! Dankie aan Afriforum vir die spoedige reaksie!

Annie ·

Karel ongelukkig weet die deursnee wit Suid Afrikaners nie meer hoe om saam te staan nie, dis elkeen vir homself en bogger die res. Almal praat praat praat en daar word niks gedoen nie, daar word petisies opgetrek en die regering steur hulle nie daaraan nie, maar nie een sal opstaan en besluit dis nou genoeg nie.

Reinier Smith ·

Ek dink as mense die nuus dopgehou het die afgelope ruk het hulle gesien dat 3500 wit studente saamgestaan om te baklei vir wat reg is. Dit verstom my as mense kommentaar lewer as hulle nie eers weet wat in die land aangaan nie.

Ina ·

Steve Hofmeyer het die “guts” gehad om op te staan en te sê genoeg is genoeg en ek hoop almal van ons, en die wat se bekke so groot is staan saam soos een man en dit bly nie net by praat nie!!! As daar n byeenkoms of betoging gehou word vir wat ookal moet ons DAAR wees om mekaar te ondersteun en te wys hoe ons voel en nie net te praat nie!! Goed vir die 3500 studente wat saam gestaan het, hoop hulle is volgende keer sommer 35 000.

Venesa ·

Was dit nou ons wit kindertjies was dit op elke koerant se voorblad elke liewe nuus uitsending,nasionaal en internasionaal dan het BBC news se kameras al lankal begin flits.So siek en sat vir die. Hulle was onderdruk en is nou na 20 jaar nog steed ongelukkig boohoohoo, whatever ,built a bridge and get over it.

Ina ·

Venessa jy is reg, as dit omgekeer was was die HELE LAND (en wêreld) in rep en roer en even ou Zuma begesleep maar kom ons kyk wat hulle nou doen. Gaan seker onder die mat in gevee word en sê ons OORDRYF!!!!

Andre ·

My dogter is op die PUK (of om dit nou polities korrek te stel, die NWU)… My voorstel aan haar was eenvoudig… Om te wag tot die lafaard wat (blindelings) hierdie goed misgegooi het in die “badkamers” voor hy/sy die toilet gespoel het op die mure loop vassit. Dan sal ‘n ROOI “board marker” mooi werk om bo-oor hierdie absurde stellings te skryf: Mat 22:39… Beste raad wat ek aan kon dink!

julie van dyk ·

Dis so jammer dat sulke gemors nog versprei word.hulle bevuil hulself as Bok van Blerk sing oor de la Rey ma ons mut maar sluk aan hulle blatante rassisme en haat. So tussen hakkies ek dink dis tyd dat ons ” de la Rey ” sy verskuining maak

Jan joubert ·

Ek dink Afriforum jeug het die korrekte roete gevolg en hul moet ondersteun word.ek dink egter mens moet jou nie laat onderkry of mismoedig maak oor n pamflet soos die nie.enige vorm van rassisme van watter kant ookal is totaal onaanvaarbaar en moet beveg word.

Meisie ·

Dan wil hulle , hulle bekke rek oor Die Stem, Nee wat , die ding is nog laaaank nie oor nie, ons agterkleinkinders gaan nog betaal vir dinge wat eeue gelede gebeur het, en waarmee hulle niks te doen gehad het nie!!Hulle wil nie vergeet wat ons voorvaders gedoen het nie, maar daar word ward verwag dat ons mense hulle moet vergewe vir ons vroue en kinders wat verkrag en vermoor word!!

Lee ·

Ek hoop die haat-pamflette verspreiding kry dieselfde aandag en word met die selfde afgryse hanteer as wat die arme studente-insedent met dansende bediendes in Pretoria. Daar was dit net pret maar hier verkondig hulle haat en moord. hoop die wêreld raak net so kwaad hieroor

Nicolaas ·

Hule mut aangaan,een ding mt hule vertaan ons witmense raak gatvol,hule kan ni dink daar is swart boere ook is ni,mt daar van hule ook ontslae geraak word.

charmaine ·

Nou word 2 dames van UP ook aangevat oor hulle op n privaat partytjie “Swart Gesigte” gehad en nou word daar gese “respect my black face”? Respek dan ons wittes se kleur ook en ons kinders en ons nageslagte en alles wat opgebou is deur die wittes. Monumente, ou geboue, plase,ons ou mense wat links en regs verniel en vermoor word.
Ons mag nie kla van rassisme nie maar hulle spring baie gou op die karretjie.Siestog!!
Respekteer ons eiendomme, winkels wat julle afbrand vir n ipad en krag. Respekteer net die lewe, dit is aan ons geleen.

Johan Vermaak ·

Hulle noem ons rasiste. Dit is nogal hartseer as ek dink hoe hulle redeneer. Hulle is nou al twee dekades in beheer van n’ land wat hulle stelselmatig ten gronde bring deur hulle eie haat, selfsug en ongeletterdheid. Alles wat hulle aanraak gaan tot niet en hulle kan nie besef dat hulle net hulsef indoen nie. Hulle moor tot mekaar uit…

Daar is geen “Equal Rights” of verdraagsaamheid teenoor die medemens nie. Hulle wil net he en niks terug gee nie…

Christelle van Niekerk ·

Dit is haatspraak wat versprei word en veroorsaak dat die afrikaans sprekendes onveilig en nie tuis voel nie maar ook wat is julle van plan om teen die pamflet of dreigment tedoen?? En intussen moet mense in vrees leef.. wat is julle van plan om tedoen??

Romeo ·

Die een groot vraag wat bestaan is…WIE HET DIE PAMFLETTE DAAR GELAAT, dalk nie eens n swarte. Dalk iemand met agenda teen transformasie wat petrol op vuur wil gooi?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.