Kind sterf tydens pouse

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Kind is Donderdag by ʼn skool in Tembisa aan die Oos-Rand dood terwyl hy en sy maatjies gespeel het.

“Volgens ons voorlopige verslag het die kind die beserings opgedoen terwyl hy saam met ander maatjies gespeel het,” het Phumla Sekhonyane, woordvoerder vir die departement van onderwys, gesê.

Paramedici is na die Welomlambo Primary School ontbied en die Graad R-leerling is op die toneel dood verklaar.

“Beamptes van die departement is na die skool ontbied om die nodige ondersteuning en berading aan die onderwysers en leerders te bied,” het Sekhonyane bygevoeg. Die kind se gesin sal ook berading ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Linda van Mosselbaai ·

Baie sterkte aan almal betrokke.Meeste ouers is nie bewus dat alle kinders op skool toegang het tot beraders . Hier by ons in die Wes Kaap – is daar ook vrywillige skole beraders. So as u as ouer of onderwyser dink dat ‘n leerder ‘n probleem het kontak die naaste WKOD kantore dan kan daar onmiddellik ‘n berader die leerder sien – dit kan verwys word na die skole maatskaplike werkster/skoolsielkundige toe. Alles word vertroulik hanteer & ons dien verslae in na WKOD wat baie volledig is . So asseblief kom laat ons as volwassenes die leerders help & ‘n pad stap met hulle probleme. Elke skool het die nommer en ken die prodsedure!

Eish! ·

Sjoe! Ek hoop dit gebeur nooit ooit by die skool waar my kind klasgee nie. Veral nie met een van haar leerlinge nie. My kind sal dit regtig nie kan hanteer nie. Haar leerlinge is haar eie kinders! So ruk terug het een van haar leerlinge kanker gekry en dit het my kind se cot helemal omgegooi……………Sterkte vir die ouers en onderwyseresse/onderwysers

SNEL ·

Dis vreeslik, waar is toesig tydens speeltyd? Dis mos onverantwoordelik om sulke klein kinders sonder volwasse toesig te los, of wat het dan hier gebeur? Goeiste, die kleintjie het seker die jaar begin met skool. Daai arme ouers, jy vat n gesonde kind skool toe en hy sterf daar. Dit maak nie sin nie, daar moes toesig gewees het, daai kleintjies is mos nog te klein om op hul eie te speel en mens moet mos waarsku en keer voor iets kan gebeur.

Ansie Coetzee ·

Hoe nou, Maroela? Het die kleinding geval, gestoei, is hy geslaan? Mag ons nie weet nie, of weet julle self ook nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.