Kleinseun sit lewenslank ná hy ouma verkrag

Argieffoto

Argieffoto

WAARSKUWING: Die inhoud van dié berig kan sensitiewe lesers ontstel

ʼn 34-jarige man van Noordwes is Donderdag tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van sy 80-jarige ouma.

Kol. Sabata Mokgwabone, provinsiale polisiewoordvoerder, het Vrydag gesê die man is in hegtenis geneem nadat hy sy ouma op 30 Desember 2012 in Lonelypark in Mahikeng verkrag het.

“Die man het tydens die voorval by sy ouma gekuier. Hy het in haar slaapkamer ingegaan en haar gedwing om stil te lê,” het Mokgwabone gesê.

Die man het sy ouma met sy vingers verkrag en wou haar daarna met sy penis penetreer toe sy teruggeveg het.

“Die vrou het die man se geslagsdeel gegryp en so hard gedraai dat hy bewusteloos geraak het. Sy het daarna ʼn leë staalbad wat in haar kamer was, gegryp en hom daarmee oor die kop geslaan.” Die man het ʼn kopbesering opgedoen en gebloei.

Die vrou het die voorval aangemeld waarna die man in hegtenis geneem is.

Hy is in die Mmabatho-landdroshof gevonnis.

Genl. Zukiswa Mbombo, provinsiale polisiekommissaris van Noordwes, het die vonnis verwelkom. “Dit is weereens ʼn aanduiding van ons verbintenis om gewetenlose misdadigers wat veral vroue en kinders mishandel, vas te trek,” het Mbombo gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Adriaan ·

Mooi so, Ouma! Jy was geen slagoffer nie. Ons het meer van hierdie kaliber oumas nodig sodat die opstandige jeug reggesien kan word.

pop ·

Hoop iemand gee die arme ou vrou berading. Dit moet erg wees as jou eie kleinseun so iets doen.

CHRISTA ·

Vir ‘n verandering het ‘n vrou letterlik DIE HEF IN DIE HAND gehad!! Mooi so Ouma, leer jou dogters en kleindogters ook die resep om hulleself te verdedig as ‘n man hulle wil verkrag. DIS AL WAT WERK!!

Peet Schabort ·

Mooi so ouma, jy moes die hele spul afgedraai het.
Ek sien dit het op Lonelypark gebeur. Mag hy in eensaamheid nadink oor wat hy gedoen het.

Riaan ·

Eenvoudige Wiskunde

As 10% van die totale swart bevolking krimineel is …. Is dit meer of net so veel as die TOTALE blanke bevolking .

Met ander woorde … Word wakker WITMENS … Ons dae is getel

christine ·

Hel nou ons als gehoor. Phigopate word nie so gebore nie,hulle word gemaak. Bederf,opgestook sonder God en boonop ongeneesbaar. Hel God skuld die mens niks alles wat jy het en ontvang is genade.In sulke gevalle sou die doodstraf uitstekend werk, om ander te beskerm. Net dat dit vandag dalk op n nie sensitiewewyse kan toegepas word nie.Kan jy jou indink met n regsbank wat deur onkundiges beheer word dit kan tog nie.

Christine ·

Fantasties Ouma!!!! Jys n ster om op daai hoe ouderdom so n lae vark to kon veg!!! Haal my hoed v jou af en salueer jou!!! Well done!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.