Konstabel ontslaan oor aanranding, vloekery

Argieffoto

Argieffoto

Konst. Marie Els, ʼn beampte by die Hercules-polisiestasie in die weste van Pretoria, is Maandag uit die Suid-Afrikaanse Polisiediens ontslaan nadat sy skuldig bevind is aan aanranding en kru taalgebruik.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, ʼn polisiewoordvoerder van Gauteng, het gesê Els is Maandag ná ʼn tugverhoor skuldig bevind.

Beeld het Woensdag berig Els het ʼn man, wat in verband met ʼn gewapende roof in hegtenis geneem is, by die polisiestasie ondervra het. ʼn Tweede man, wat ook in verband met die gewapende roof in hegtenis geneem is, het met sy selfoon ʼn video geneem waar Els die verdagte met ʼn stuk yster aanrand.

Die video wys ook hoe sy vloek terwyl sy die verdagte ondervra oor ʼn vuurwapen wat vermoedelik tydens die rooftog gebruik is. “En jy, was jy daar? Julle steel saam, julle was saam. Waar is die f****n geweer?” sê sy in die video.

Die video is sewe maande gelede op YouTube gelaai en ook deur e-posse versprei. Dit is intussen van YouTube verwyder.

Els het sewe dae om te appelleer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Gompie ·

Arme vrou. Die blanke polisies raak so gefrustreerd in hul werk en ondersoeke…

Ek stem saam met Henk! Sy het immers nie die man verkrag nie!!

martie judeel ·

Sy is nog n “groentjie” in diens… En tree so op, het sy nou bevodering verwag na die geweld? Beter raak ontslae van haar-soveel van ons lede word geassosieer met die tipe optrede, deur een vrot appel. Beste besluit– Skorsing!

Dottie ·

@ Marie moet nie gaan le nie staan jou man en beveg jou skorsing.

Dottie ·

@ martie judeel. Sies vir jou komnentaar. Ken jy haar ware storie. Net ‘n Vraag Lewer jy ook sulke negatiewe kommentaar oor die swart polisiemanne wat korrup is, die swart polisie manne wat aangehoudenes verkrag en die swart polisiemanne wat 99% die witmense vloek, dreig en aanrand.

Marietjie ·

En haar storie haal die nuus en YouTube – kom ons wees nou eerlik – net omdat sy WIT is en van ‘n voorbeeld gemaak gaan word. Die helfte van die Polisiemag is skuldig aan baie erger oortredings – vat hulle dan ook maar vas.

pop ·

Ag f……asseblieftog, wat moes sy se???”vertel nou mooi vir my waar die wapen is, toe!!!!Dan gee tannie vir jou n sucker.” Dis hierdie houding wat maak dat die kriminele vir almal uitlag. Nog n bietjie steel, nog n bietjie moor, nog n bietjie verkrag. En die polisie moet nou hulle gatte lek om inligting uit die vreksels te kry. Rerig!!!!!!

"Se ek ook mos" ·

Ja nee, as sy wit is gaan sy pakslae kry. Tipies die SAPD! Rassiste en moordenaars is polisie wat ons moet verdedig!

Lawrance ·

As sy nie ‘n wit konstabel was nie, is sy vir ‘n tyd geskors met volle vergoeding en na die stof gaan lê het verplaas met bevordering.

Juan ·

Hoe is dit moontlik dat n persoon wat gearresteer is nog sy selfoon op hom het?

estelle ·

@ Lawrence jy praat die reine waarheid! Dit sou nie die koerant gehaal het as sy swart was nie! Wat gebeur met die polisie wat die pa en seun so aangerand het by ‘n winkelsentrum? toe die man se vrou dit met haar selfoon wou opneem, toe breek die blikskottels amper haar hand! Niks maar niks gehoor dat hulle geskors is nie!!

erica roos ·

Ag dis siek man gaan sit net bietjie in die aanklagte kantoor dan hoor jy hoe vloek hulle voor die publiek in hulle taal of gebruik die Here se naam in elke gesprek. Dit maak my naar ook maar goed ek het die Polisie gelos ‘n paar jaar gelede want waar gaan dit ophou, ja die aanranding dis sleg maar die vloekwoord ag please spare me that, as dit ‘n onwettige immigrant was wed ek julle het hulle nie gaan kla nie want dan is hulle uit die land gesit. Kriminele word in watte toegedraai en pleisters opgeplak en sy menseregte geskend, maar hoeveel mense het nie dalk deurgeloop onder hom waar hy besig was met sy kriminaliteit, nee kom laat ons nou eerlik wees met mekaar hier is omgekeerde rassisme die enigste probleem

Marie Els ·

As jy nie daar was om te sien wat het ek gedoen het en gesukkel het om manne krag te kan kry nie en in die verdagte se vuurwapen se loop in gekyk het nie dan glo ek nie jy is in n posisie om negatiewe kommetaar te lewer nie. Ekt my werk na die beste van my vermoe gedoen en nee ekt nie bevordering verwag nie en nee ekt nie meer geld verwag nie. Maar die wat volmaak is en nog niks verkeerd gedoen het nie kom ek gee die skoene waar in ek daai dag gestaan het dan kyk ek of jy dit beter gedoen het. Maar sal bly fight vir my werk tot die einde toe. Ps moenie als glo wat jy net in die koerant lees nie want dit was alles en behalwe wat gebeur het

GC ·

Marie, die meeste van ons staan agter jou. Dis nou die ouens wat nie in ‘n wolkie van menseregte leef nie. Ek sou tien teen een dieselfde gedoen het. Die kriminele gemors het geen respek vir niks en niemand nie en om daardie rede behoort hulle ook geen respek te ontvang het nie. Ek glo jy is nou jammer jy het hom nie harder geslaan nie… Die polisie is so korrup, ek sal nie eens ‘n polisieman in my huis laat inkom nie. Ek dink die mense wat jou moes help, het seker iewers gesit en teatime gehou. Sterkte vir jou!

Dottie ·

Marie moet nie gaan le nie staan jou man en beveg jou skorsing.

Dottie ·

Marie moet nie gaan le nie staan jou man en beveg jou skorsing.

tom ·

as alle polisie beamptes, van alle geure, vir aanranding en kru taal ontslaan moet word sal daar nie eens 2 % van die polisie oor wees nie. nie eens die kapelane nie.

Dottie ·

Stem want statistieke wys ons polisie bestaan 90% uit krimenele wat al gevonnis is vir moord, verkragting en inbrake. Nou is hulle in die polisie. Lmga vir die klomp.

Leeutjie ·

Marie, kry vir jou ‘n goeie Arbeidsprokureur! Gaan veg terug want so ‘n gewapende rower kan netsowel dieselfde persoon wees wat die Reigerpark seuntjie gesleep het of die 5 jarige enetjie ontvoer het en in Johannesburg gaan aflaai het.

“Maar ja, siestog Marie jy moes die arme bloedjie gekoester het en gese het kom nou seun, vertel vir tannie wat het gebeur? Ag nee man, mens maak mos nie so nie? Gee die geweer en gaan, en belowe my jy sal dit nooit weer doen nie!!” En daar gaan die seuntjie terug op sy tog van verkragting, moord, steel en nog baie plesier wat hy uit die lewe kry.

J J ·

Marie well done , ons staan egter jou .Moenie stil bly nie veg hulle sover as wat jy kan .Jy is amazing om in huidige patetiese omstandighede nie twak te vat nie.N.S. ek was al in soortgelyke omstandighede en dis nie maklik om jou werk suksesvol te doen nie.Miskien moes jy maar albei van hulle gedissiplineer het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.