Volgens ʼn persverklaring van Snow Report word ligte sneeu van Sondagoggend oor die bergpieke in Suidwes-Kaap verwag wat deur die middag en aand sterker sal word. Sneeu op die Cederberg-reeks word van Maandagoggend voorspel.
Die gebied rondom Ceres en veral Matroosberg sal swaarder sneeu ontvang wat tot 15 cm dik kan lê, het Snow Report gesê. In laerliggende dele sal ligte reën ook voorkom.
Ander dele van die land sal die bibberweer egter nie vryspring nie. Nóg ʼn kouefront sal later volgende week inbeweeg wat na verwagting die Wes-Kaap, Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en dele van die Vrystaat sal affekteer.
Volgens Lulama Chene, ’n voorspeller by die Suid-Afrikaanse Weerdiens, word baie koue toestande en swaar reënval in die Overberg-distrik en die suidelike wynlande verwag. Rowwe seetoestande sal ook van Kaap Columbine tot by St. Francis voorkom, het Chene gesê.
Lekker laat my sommer terug verlang na Rusland waar ek nog nie was nie.
Baie dankbaar. Verkies die winter bó hitte!
En wat van Limpopo??