Kragonderbrekings duur voort

Argieffoto

Argieffoto

Kragonderbrekings duur Saterdag landswyd voort, het Eskom gesê.

“Die beurtkrag het Saterdagoggend hervat soos beplan, en ons het fase 2 van beurtkrag betree,” het Andrew Etzinger, woordvoerder van Eskom, gesê.

Die maatskappy het Vrydag ook landswyd beurtkrag toegepas. “Die kragnetwerk verkeer onder geweldige druk weens onvoorsiene tegniese probleme by kragstasies,” het Eskom Vrydag in ʼn verklaring gesê. Waterreserwes by die spitskragstasies wat water gebruik om krag mee op te wek en dieselreserwes wat die oopsiklusgasturbines moet aanvuur, het opgedroog.

Beurtkragskedules is op Eskom se webwerf beskikbaar.

ʼn Steenkoolsilo het vroeër vandeesmaand by die Majuba-kragstasie in Mpumalanga ineengestort wat tot grootskaalse kragonderbrekings gelei het. Die silo het meer as 10 000 ton steenkool gestoor en die steenkoolvoorraad na al ses eenhede by die kragstasie is hierdeur geraak. Die ondersoek duur voort.

Lees alle vorige berigte oor beurtkrag op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Babs ·

Wil net graag weet wat gebeur nou by Khayalitsha en ander plakkerskampe waar kragdrade deurmekaar hang van die pale af soos hulle krag steel. Gee Eskom nou vir hulle gasstofies of word daar nie beurtkrag toegepas. Boeties sorg mos vir boeties.

Peet ·

My vorige kommentaar aangaande die kragonderbrekings was net die waarheid en niks meer nie. Dis verwyder. Sou dit nog hier gewees het as ek gelieg het? Is Maroela ook nou korrup soos die algemene tendens nou in SA is. Die waarheid word vermy.

Gerhard Bezuidenhout ·

Eskom gaan apartheid weer geblameer word omdat julle te vrotsig is om jul werk behoorlik te doen. Vir wie gaan julle nou weer blameer.Ek voel dat julle hele bestuur moet voertsek omdat jullle n verleentheid vir ons land is .Jul optrede laat my dink aan industriele terrorisme.

pop ·

Peet my goed word ook gereeld afgehaal, lyk my mens mag niks wat die waarheid is se nie. Ook net oppervlakkige goed moet gepraat word. Daars niks wat werk in hierdie land nie, maar ons moet aanhou smile. En dis bullshit

johene ·

ek het sondag die 23ste 4 xmas koeke gebak. dit is vir n xstra inkomste vir my toe die krag afgaan.
ek wonder wie moet nou die skade dra. dit is glad nie ‘n grap nie want ek het omtrent R400 se skade gely.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.