Lasbrief dalk uitgereik vir Zuma se seun

Edward Zuma Foto: IOL

Edward Zuma Foto: IOL

Die polisie in KwaZulu-Natal kon Sondag nie bevestig of ʼn lasbrief vir die inhegtenisneming van pres. Jacob Zuma se oudste seun, Edward, uitgereik is nie.

Die Sunday Independent het berig dat ʼn lasbrief vir Zuma (39) uitgereik is nadat hy glo versuim het om onderhoud te betaal vir sy kind. Hy het glo ook versuim om ʼn paar keer in die hof te verskyn, selfs nadat hy dagvaardings daaroor ontvang het.

Die lasbrief is glo op 23 Junie in die Pietermaritzburg-onderhoudhof uitgereik en die polisie het dit in Durban-Noord, waar Edward se huis is, bedien.

“Ons kan eers môre [Maandag] volledige besonderhede verskaf,” het maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, aan die koerant gesê. Hy het bevestig die polisie sal bepaal of ʼn lasbrief uitgereik is en aan die polisiestasie oorhandig is. “Ek het met die stasiebevelvoerder gepraat wat nie dadelik daarvan kennis gedra het nie.”

Edward Zuma het glo aan die Sunday Independent gesê hy weet glad nie van die dagvaardings of die lasbrief vir sy inhegtenisneming nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Mnr.T ·

Sy pa het hom beslis nie reg geleer nie,hy moet maar net geld uit staadskas vat om vir al sy kinders te betaal.

Elize ·

Ek wonder maar net is sekere mense verhewe bo die wet? Want as jy moet onderhoud betaal moet jy dit mos doen… en as jy gedagvaar word om in die hof te verskyn moet jy ook mos. Maar hierdie lyk vir my AARTJIE NA SY VAARTJIE!

Realis ·

Ja nee kyk….. Daar’s geen doepa vir ‘n swak genepoel nie…..

Takkie Takkuuza ·

Maar hy kan vreeslik kerm oor Zelda se twitter gedrag. Wat van die balk in jou oog bra Zuma?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.