Limpopo-egpaar in veiligheidskompleks aangeval; jong man sterf

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 30-jarige man van Polokwane in Limpopo is dood nadat hy en sy vrou vroeg Dinsdagoggend in hul huis oorval en beroof is.

Kapt. Ntobeng Phala, woordvoerder van die Polokwane-polisie, het aan Maroela Media gesê dat een verdagte omstreeks 03:00 by die egpaar se huis in ’n veiligheidskompleks in Serala View ingebreek het. Hy is deur die egpaar gekonfronteer en ʼn rusie het tussen die man en verdagte ontstaan.

Die slagoffer is verskeie kere met ʼn skerp voorwerp, vermoedelik ʼn mes, gesteek. Hy is op die toneel dood. Die vrou, wat ook met die wapen gesteek is, het geskree en die bure het onraad gemerk. Die verdagte het op die vlug geslaan en ’n televisie en sak vol ander items wat hy bymekaargemaak het, agtergelaat. Die vrou is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vir behandeling.

Die vrou se vriendin, wat Maandagaand by die egpaar oornag het, is ongedeerd.

Volgens Phala word ʼn saak van huisroof en moord ondersoek.

Die name van die egpaar is aan Maroela Media bekend, maar word vir eers weerhou totdat al die familie in kennis gestel is.

Lees ons opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

CHRISTA ·

In die verlede het rowers net ingebreek en op die vlug geslaan, maar dit lyk my deesdae is moord vir hulle “die cherry op die koek”!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.