Talle skoliere, insluitend matrikulante, by verskeie skole in Limpopo is Maandag verhoed om klasse by te woon of eksamen te skryf weens ʼn diensleweringsbetoging.
“Die leerlinge is verhoed om skool te gaan en is gedwing om by die betoging aan te sluit,” het Jacques Smalle, leier van die Demokratiese Alliansie in Limpopo, gesê. Die betrokke skole is in Maphotho, Solomondale, Sebayeng, Baphutheng, Mafolofolo en Leruleng. “Die DA is baie besorg dat Graad 12-leerders nie hul eindeksamen sal kan skryf nie.”
Die betogers het paaie met klippe en brandende bande versper.
Die DA het Thembisile Nwedamutswu, LUR vir onderwys, versoek om dringend alternatiewe planne te beraam vir matrikulante wat nie vandag hul eksamen kon skryf nie.
Paena Galane, provinsiale woordvoerder van onderwys, het daarop gewys dat privaat skole se eindeksamen vandag begin het, maar staatskole se eindeksamen begin op 28 Oktober.
Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, het Maandag gesê die polisie monitor die betogings in Solomondale en Lebowakgomo. “Ons weet nie hoeveel betogers daar is nie, maar hulle betoog oor water en elektrisiteit,” het hy gesê.
Leerling het vandag begin met RTT prakties môre IT prakties
Leerling het vandag begin met RTT prakties môre IT prakties