Ma tronk toe oor seksvideo’s met seuns

court-hammer_thumbʼn 36-jarige vrou van Bethlehem in die Vrystaat is tronkstraf opgelê nadat sy erken het dat sy video’s vervaardig het waarin haar twee seuns, onderskeidelik vier en 10 jaar oud, haar seksueel bevredig het.

Sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou is tot 44 jaar tronkstraf gevonnis en dat sy minstens 15 jaar daarvan moet uitdien. Volgens Mophiring het die skokgebeure aan die lig gekom nadat die 10-jarige seun in Maart vanjaar die polisie gekontak het.

“Daar is beweer dat beide kinders gedwing is om hul ma seksueel te bevredig en dat die ma die dade verfilm en dit aan haar 26-jarige kêrel gestuur het op sy selfoon,” het Mophiring gesê. Die ma en kêrel is in hegtenis geneem en die kinders is in ʼn plek van veiligheid geplaas.

Volgens Mophiring het die ma tydens haar verhoor in die Bethlehem-streekshof erken dat sy die dade gepleeg het en sy is skuldig bevind aan gedwonge seksuele aanranding, seksuele gereedmaking van kinders en die seksuele skending van kinders. “Videobewyse is in die hof voorgelê,” het Mophiring gesê.

Die kêrel sal op 23 Februarie volgende jaar in die hof verskyn. Hy het onskuldig gepleit op die aanklagte teen hom en is vroeër op borgtog van R1 000 vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Leeutjie ·

Hierdie monsters (ma en kerel) moet uit die samelewing verwyder word. Daar waar hulle brein behoort te wees is niks! Ek hoop sy gaan tronk toe en dat hulle haar gal vir haar sal werk! Gemors van ‘n ma. Ek het aan iets meer kras gedink as gemors…..

Chivago ·

Hoeveel sieker kan die samelewing nog word? Net sodra ek dink dit kan nie erger wees nie, lees ek berigte soos hierbo. Mevrou / mejuffrou / IETS, want jy is die naam MA en VROU nie werd nie, mag jy kry wat jou toekom in die tronk.

Marie Jacobs ·

Hoe siek kan ‘n mens wees? Hulle moet uit samelewing verwyder word. Arme kinders

Anelle ·

Vader hoe in die lewe kan ‘n ma so iets aan haar kinders doen dit is nie net siek verby nie dit is sjoe ek weet nie jinne ek word so so so kwaad ek meen watse lewe gaan daai kindertjies he nee sies vrot ga man mag sy opvrot in die tronk en nooit weer die daglig smaak nie en die mansvriend hy is net so skuldig man op borgtog vrygelaat van R 1000.00 nee jinne die siekste siek hoekom moes die vrou die video’s vir hom stuur dan het hy mos een of ander siek bevrediging daaruit gekry maak oop jul oe. Hy is net so skuldig word wakker

Eish! ·

En die regering se pornografie het niks met seksuele aanranding, bevrediging, ens te doen nie! Vandag pornografie so vrylik beskikbaar is kom die tipe siek dade algemeen voor. So ek wonder net……….

annatjie ·

Genade ons! Hoe doen ‘n “ma” sulke skokkende dinge. Waar gaan die wereld heen? Sluit albei in ‘n Donker sel toe en gooi die sleutels weg. Om ‘n kind in vandag se samelewing te wees met so ‘n “ma” is ‘n nagmerrie.

SJ Botha ·

Ideale kandidaat vir navorsing met dodelike chemikalie…of lewenslange tronkstraf met gefroseerde harde hande arbeid.

Tessa ·

Wat beteken die woord ‘ma’? N verpleegster,versorger,huis skepper…iemand wie jou voorwaardelik sal lief he sonder perke…ek het 2 kinders en sal die berge versit vir hulle…tot in vroulike tronke word sulke misdadigers tot die ergste gestraf deur mede misdadigers.God sal jou nooit vergewe nie.n kind is n geskenk van God geleen aan jou…pas di kind op is al wat Hy vra…en jy,gaan verbrokkel daai kinders se kinderlewe.dit is merke wat nooit sal weg gaan nie maak nie saak hoe groot hul word nie.ek het skoons hoendervleis gekry.ek weet nie hoe jy dit ooit oor jou hart kon kry nie.sies vir jou.jy mag nie n vrou of moeder genoem word nie maar n kind van satan.nee jy is satan self.mag jy slapelose nagte he,nagmerries as jy tog an die slaap raak.mag daai kinders se onskuldige gesiggies jou teister as jy in die spieel kyk en mag jy nooit die vrugte van die koningkryk dra nie.laat dit n les wees vir die wat ook jou kind versondig…God slaap nooit

Tessa Potgieter ·

Dus God se geskenkies daai.n ma is iemand wat daai geskenkie moet oppas.groot maak in Sy naam.hoe durf jy hul kinder lewe weg vat?? Hul drome verwoes??daai merke gan sit verewig.wens hul se die naam van die vrou dat ons bietjie gaan kuier agter trallies vir haar.geen maar geen verduideliking sal kan opmaak wat sy gedoen het nie.jou sex drange kan nie so erg wees nie.jy het n man in joe lewe,laat hy jou bevredig…sies sies sies!!!God slaap nie en ek hoop as daar iemand is wat hierdie goed lees en dieselfde doen,dat jul gevang sal word en SWAAR gestraf sal word…pas jul kinders op soos goud…

zahn ·

Kruisig my soveel julle wil, ek bly by my standpunt: Bring terug die doodstraf! Hier is twee kandidate wat se toekoms moet afhang, van ‘n galgtou af.

Isabel Pheiffer ·

In my lewe het ek al baie snakse dinge gehoor maar, sjoe om sulke dinge met jou kinders te doen hul is geskenkies van God vir jou. Hoe doen ‘n ma dit ek dink nie sy verdien die woord ma nie. Die dom ding moet sommer vir ewig in die tronk bly want dit is waar sy hoort.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.