Malema het werkers “verdedig teen rassis” sê EFF

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), sal nie om verskoning vra vir die voorval waar hy glo ʼn man in ʼn kitskosrestaurant rondgestamp en gevloek het nie, het die party Donderdag gesê.

“Ons bevelvoerder sal nooit om verskoning vra nie en die EFF staan by hom,” het Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, gesê. “Swart waardigheid is lank reeds afgebreek deur eeue van slawerny en kolonialisme. Die EFF en al sy lede het ‘n plig om seker te maak dat hulle dit konfronteer elke keer as hulle ʼn teken daarvan sien.”

Ndlozi meen die saak is dus net ‘n poging om rassisme en die rassiste te beskerm. “Dit is ‘n geval van die wit rassistiese arrogansie van een individu wat nou die vorm van ‘n kollektiewe reaksie aanneem.” Volgens Ndlozi is die EFF trots op Malema, aangesien hy “werklik swart werkers verdedig het wat op ʼn daaglikse basis misbruik word deur hul werkgewers en arrogante, rassistiese, bullebak wit kliënte”.

AfriForum het Donderdag klagte van aanranding, intimidasie en crimen injuria aanhangig gemaak teen Malema. Die saak is aanhangig gemaak namens Cassie Moller. Volgens ʼn beëdigde verklaring en beeldmateriaal van kringtelevisiekamera het Moller en Malema op 8 Junie vanjaar in ʼn onderonsie betrokke geraak by ʼn kitskosrestaurant in Tzaneen, Limpopo.

In die beeldmateriaal kan gesien word hoe ʼn man wat blyk Malema te wees, ʼn ander man ten minste drie keer stamp, sy vinger in die slagoffer se gesig swaai en op hom skree. Hoewel die klank nie op die beeldmateriaal vasgevang is nie, het die slagoffer in ’n beëdigde verklaring die woordewisseling bevestig. Malema het glo die slagoffer herhaaldelik gevloek en ’n “Boer” genoem. Hy het by geleentheid ook geskree: “I will f*ck you up!” Klik hier om die video te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Annelien ·

Ag my hart bloei vir Mal-ema! Wat soek die ding in Suid Afrika?

carel ·

aha – julle vergeet hy is mos bo die wet verhewe?

Dit gaan my verstand tebowe dat enige iemand so arogant kan wees (nogal iemand wat in die parlament sit) dat hy dink dit is reg en of hy dink hy het die reg om iemand aan te rand?

Waar is ons SAP – hulle moet hom mos nou arresteer?

die ou tree op soos n clown…

Elize Andrews ·

Dit is jammer dat rassisme net wit op swart is…. wanneer gaan die wereld wakker word!

Frikkie ·

Malema is n kool kop daai perd moes hom terug gestamp het maar malema is grootbek want hy is saam sy trawante. Sit die f@#&en D@%* saam daai knaap alleen in n kamer waar hy nie tien mense om hom het nie dan sal jy sien dis n ander storie.

Sandra Moolman ·

Iemand moet hom goed vasvat hy dink hy is verhewe bo alles en almal. Maar ek dink hy is n lafaard want hy skuil agter sy tjommies hy het n baie groot bek aan hom. ek het geen tyd vir hom nie.

JJOBSON ·

FAT COW MALEMA kwaak soos i PADDA en die kabinet is hom bang.Raak ontslae van die niks-niks bliks*m. Smyt hom in n padda dam ,daar kan hy regeer.

Annalene ·

Dit is so jammer dat daar nog steeds sulke voorvalle gebeur. Sal dit nie wonderlik wees as ons almal, wit, swart, en bruin mekaar kan respekteer en in liefde kan behandel nie. Die haat is nog lank nie uit die harte van wit en swart en bruin mense nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.