Lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) voer aan dit was ʼn fout om partygeld te gebruik om ʼn grys Golf GTI vir die leier, Julius Malema, te koop, het die City Press Sondag berig.
Die motor is glo teen die einde van verlede jaar gekoop met geld uit die EFF se hoofbankrekening, maar volgens dokumentasie behoort die motor nie aan die party nie.
Volgens die koerant het ʼn handelaar in Polokwane ʼn faktuur van R377 500 vir ʼn grys Golf GTI Edition 35 DSG met 25 000 km op 3 September aan die EFF hoofkantoor uitgereik. Die faktuur is op 8 September uit ʼn EFF-rekening betaal.
Die motor is egter nie as ʼn amptelike EFF-motor geregistreer nie; dit is in die naam van ʼn privaat maatskappy, naamlik Voorsprong Trading and Projects, uitgereik. Jimmy Matlebyane, ʼn 22-jarige student van Seshego, is die aktiewe direkteur van Voorsprong. Die vorige direkteur was nog ʼn student, Tebatso Malema, glo Malema se neef.
Matlebyane het aan die City Press bevestig hy is die direkteur van die maatskappy en dat die Golf aan hom behoort. Toe hy gevra is of die motor met EFF-geld betaal is, het hy afgelui. Tebatso Malema ontken enige verwantskap aan Julius Malema.
Fana Mokoena, woordvoerder vir die EFF, het die feite oor die aankope van die motor bevestig, en gesê dit motor sal gebruik word om BBP’s van die EFF rond te ry. Hy het gesê die motor sal in die party se naam herregistreer word.
Voorsprong, ne! Nogal n sin vir humor :)
Dieselfde gedagte het by my opgekom Vic. Snaaks dat hulle nie Afrikaans wil praat nie,maar hul maatskappy het ‘n Afrikaanse naam. Voorsprong nogal nê. Maak nie sim nie.
Of miskien n poging om ‘scrutiny’ te ontduik?
maak daai tou net die regte lengte…. Gee hom tyd! Net soos Zupta se dag sal kom (max du Preez se reminder: you must die too)
Hy kan net nie sy vingers uit die till hou nie.
Ooral waar hy hom bevind in ‘n gesagsposisie vergryp hy hom.
Pay back the Golf, pay back the golf !!!!!!
ja goeie een Riaan.
Pay back the golf….pay back the Golf…….skelm…..