Malibongwe-padwoede: Verhoor begin

Doublas Pearce en sy vrou, Tammy. Foto: Facebook.

Doublas Pearce en sy vrou, Tammy. Foto: Facebook.

Meekahefele Masooa wat aangekla word dat hy ʼn motorfietsryer tydens ʼn padwoedevoorval doodgeskiet het, se verhoor het Maandag begin.

Masooa (43) word daarvan beskuldig dat hy Douglas Pearce (39) op 14 Februarie verlede jaar in Malibongwerylaan in Johannesburg doodgeskiet het.
Die verhoor vind in die Johannesburgse hooggeregshof, wat in Palm Ridge aan die Oos-Rand sit, plaas. Vriende en familie van Pearce sowel as talle motorfietsryers woon die verhoor by.

Masooa is vroeër op borgtog van R5 000 vrygelaat. Tydens sy borgtogaansoek het die hof gehoor dat albei mans op die dag van die skietery vuurwapens aan hulle gedra het. Hy beweer hy het uit selfverdediging opgetree.

Die verhoor sal na verwagting tot 13 Februarie duur.

Klik hier vir vorige berigte oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

henk ·

Ok, nou wil ek graag ‘n antwoord of twee he. Sou Pearce vir Masooa geskiet het, het ons gehoor en gelees van ‘n rasse aanval, van rasse geweld, etc. Maar nou is dit andersom. Nou het Masooa vir Pearce geskiet. Nou word dit selfverdediging genoem? NIKS melding van ‘n rasse aanval of rasse geweld nie?
Ek vra ook maar net….

Ilze ·

Volgens menige artikels wat net na die voorval verskyn het, is die oorledene in die rug geskiet. Sal nogal interessant wees om te hoor hoe die aanvaller dit as selfverdediging gaan regverdig. Hy het ook, volgens berigte, kort na die voorval aangedui hy is ‘n praktisserende prokureur, terwyl hy al in 2009 van die rol geskrap is (sal nogal interessant wees om te weet of hy ‘n praktyk onder dié voorwendsel behartig het). Daar was al ‘n klag vir die rig van vuurwapen teen hom aanhangig gemaak, maar dié is teruggetrek. Sy verlede is alles behalwe skarlaken wit. Tog is dit met ons power regstelsel heel waarskynlik dat hy met slegs ‘n opgeskorte vonnis gaan uitstap.

Neptunus ·

Ilze, kom ons hoop die regter ly nie aan dieselfde vooroordele as jy nie. As dit wel die geval is behoort hy homself te onttrek aan die saak. As die oorledene nie net in die rug geskiet is nie het die beskuldigde dalk ‘n punt beet. Rug alleen – probleem vir hom. So met die skietery het die oorledene dalk omgevlieg of die hasepad gekies, wie weet? Waarom sal die beskuldigde die man net so sonder rede trompop skiet langs die pad? Elke saak het twee kante, en soos die gesegde lui: Dead men tell no tales. Laat ons maar eers hoor watter getuienis gelei word en wie die aggressor was voor ons die man klaar in die tronk sit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.