Malibongwe-padwoede: Verhoordatum bekend gemaak

Meekahefele Mosooa waai vir fotograwe buite die hof tydens 'n vorige verskyning. Foto: Werner Beukes / SAPA

Meekahefele Mosooa waai vir fotograwe buite die hof tydens ‘n vorige verskyning. Foto: Werner Beukes / SAPA

Meekahefele Masooa wat aangekla word dat hy ʼn motorfietsryer tydens ʼn padwoedevoorval doodgeskiet het, sal na verwagting volgende jaar eers sy lot weet.

Landdros Denise Smith het Dinsdag die verhoordatum vir 26 Januarie tot 13 Februarie geskeduleer. Die verhoor sal in ʼn sitting van die Johannesburg-hooggeregshof in die Palm Ridge-landdroshof aangehoor word.

Masooa (43) se R5 000 borgtog is verleng op die voorwaarde dat hy teen 08:00 op 26 Februarie in die hof sal wees.

“As jy nie daar is nie, sal jou borgtog verbeur word, en ʼn lasbrief vir jou inhegtenisname sal uitgereik word,” het Smith gesê. Sy het die beskuldigde ook daarop gewys dat hy sy eie ooggetuies vir die verhoor moet reël.

Masooa word daarvan verdink dat hy Douglas Pearce (39) op 14 Februarie vanjaar in Malibongwerylaan in Johannesburg tydens ʼn padwoedevoorval doodgeskiet het. Tydens sy borgtogaansoek het die hof aangehoor dat albei mans op die dag van die skietery vuurwapens aan hulle gedra het. Hy beweer hy het uit selfverdediging opgetree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

alet ·

Wat my deksel is hoekom word alles uitgestel of is dit nog n geval hy sal niks oor kom want hy bly in rykmans area .Vonnis hulle en kry. Klaar of smeer hy jam om hulle monde ag sies tog.maar as dit n blanke was het hy al klaar tronkstraf gekry. Kom by verwoeste suid afrika want alles gaan oor geld

Anon ·

Sjoe! Dalk moet mense eers leer om leestekens op die regte plekke te gebruik, voordat hulle kommentaar lewer.

snel ·

Alet, ek stem saam met jou. Ek weet nie hoe moet Douglas Pearce se arme vrou of familie voel met n saak wat so uitgestel word en borgtog wat vir so persoon toegestaan word nie. Dis skokkend!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.