Man doodgeskiet toe motor onklaar raak

Argieffoto ter illustrasie

Argieffoto ter illustrasie

ʼn Man, vermoedelik in sy 40’s, is Donderdag dood aangetref langs sy motor op die M2-snelweg naby Denver in die suide van Johannesburg.

“Dit is nog nie duidelik wat gebeur het nie, maar dit lyk of sy motor onklaar geraak het en dat hy stilgehou het,” het inspekteur Edna Mamonyane, woordvoerder van die metropolisie, gesê. “Hy het uitgeklim en persone langs die snelweg het hom waarskynlik gekonfronteer.”

Beamptes in ʼn metropolisiepatrolliemotor het die motor opgemerk en gesien die enjinkap staan oop. “Die man se liggaam is naby sy motor aangetref. Hy is in die kop geskiet.”

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het bevestig paramedici het die man op die toneel dood verklaar.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Neels ·

Skrikwekkend om te dink jou lewe is net veilig solank jou motor meganies werk. Die oomblik wanneer iets met jou motor fout gaan is jou lewe in gevaar!

Elizabeth ·

Net op die openingsbladsy van Nuusneus is hierdie berig, die een oor “Boer in lokval gelei, doodgeskiet”; “SA egpaar moor mekaar glo voor kinders in Ierland” en “Tiener vermoor ouma met swaard”. Dis NET op openingsbladsy en verderaan is dit ook net moord en doodslag. Dit maak my SO hartseer in om die goed te lees in hierdie, wat ‘n vreedsame tyd van familie- en gesinsaamwees behoort te wees. Ek is sommer net naar. Ek dink regtig vanaand aan elke liewe mens wat ‘n geliefde, op watter manier ookal nou hier voor kersfees aan die dood moes afstaan.

lillian ·

Dit is ‘n gulde geleentheid vir kriminele om mense te oorrompel, wanneer hulle weerbaar is … satanskinders!

Francois ·

Ohhh nee flok, ek het nou genoeg gehad van die moord en geweld in die land…wragtig geen mens kan in die omstandighede leef of positief bly nie…Wat ons gaan doen die weet ek nie, maar genoeg is nou wragtig genoeg hoor. Alle blankes ly al aan “Post Traumatic Disorder” !!!

snel ·

Ja, Francois, geen wonder so baie mense vlug die land uit nie. Jy is nêrens veilig nie en dis net n kwessie van tyd of iets gebeur. Kyk nou die man, kar gaan staan langs die bad en daar skiet hulle hom. Dit raak net erger, niks verbeter nie. Hoe gaan dit gaan as ons kinders ons ouderdom is?

Sonnette ·

Dit is nou regtig nie meer snaaks nie – was ook nog nooit! Wat doen ONS daaromtrent?

Drieks ·

Ons is leeg, eensaam, onveilig en moedeloos. Ons bly hoop daar sal een sterk leier opstaan. In die hele ANC is daar geen zero niks leierskap nie en geen skaampte nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.