Man ernstig beseer wat by sandbank afspring

Paramedici van Netcare 911 dra die beseerde man deur die water en oor die rotse by Mtwalumi-strand op 1 April 2015 Foto: Netcare 911

Paramedici van Netcare 911 dra die beseerde man deur die water en oor die rotse by Mtwalumi-strand op 1 April 2015 Foto: Netcare 911

ʼn Man is Woensdagmiddag ernstig beseer toe hy by ʼn sandbank op die Mtwalumi-strand aan die suidkus van KwaZulu-Natal afgespring het.

“Die man wou glo by die groot sandbank afspring, toe sy been onder hom meegee en hy ʼn fraktuur opgedoen het,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Die man is op die toneel gestabiliseer en paramedici moes hom deur die water en oor rotse na die ambulans toe dra.”

Hy is na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.