Man in hof oor moord op Senzo Meyiwa

Senzo Meyiwa Foto: soccerladuma.co.za

Senzo Meyiwa Foto: soccerladuma.co.za

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het bevestig dat ʼn man Vrydag in die Boksburg-landdroshof verskyn het in die verband met die moord op Senzo Meyiwa.

“Die man, Zanokuhle Mbatha, staan tereg op aanklagte van moord en roof,” het Nathi Mncube, woordvoerder van die NVG, gesê. “Hy sal weer op 11 November in die hof verskyn wanneer hy formeel sal aansoek doen vir regshulp.” Mncube kon nie besonderhede gee oor waar en wanneer die verdagte in hegtenis geneem is nie.

Meyiwa, kaptein en doelwagter van Bafana Bafana en Orlando Pirates, is Sondagaand tydens ʼn vermeende rooftog by sy vriendin se huis in Vosloorus doodgeskiet.

Die provinsiale en nasionale polisie het vroeër vandag berigte dat twee verdagtes by die Beitbrug-grenspos in hegtenis geneem is in verband met Meyiwa se moord, ten sterkste ontken.

“Ek hou steeds daarby dat daar nog geen arrestasie gemaak is nie. Ons het niemand,” het brig. Neville Malila, woordvoerder van die polisie, gesê. Die polisie in Limpopo het ook ontken dat enigiemand in hegtenis geneem is.

The Star het berig dat twee mans wat glo met Meyiwa se moord verbind word omstreeks 6:00 Vrydagoggend op die grenspos na Zimbabwe in hegtenis geneem is. ‘Die twee mans het glo gelyk soos die verdagtes in die identikits wat deur die polisie beskikbaar gemaak is. City Press het ook Vrydag ʼn soortgelyke berig op sy webtuiste gehad.

Klik hier vir vorige berigte oor Senzo Meyiwa.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.