Man kritiek na kwadfietsongeluk

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is in ʼn kritieke toestand nadat hy Sondag van ‘n kwadfiets af geval het in Magaliesburg.

Volgens Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het die man ʼn kwadfiets-roete gery toe hy glo om ʼn draai beheer verloor het. Die man is van die kwadfiets af teen ʼn boom vasgeslinger waarna hy teen ʼn helling af gerol het.

Paramedici het die man op die toneel behandel voor hy in ʼn kritieke toestand per helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer is vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

scalla ·

Gevaarlike voertuig as dit nie reg aangewend word nie, val gewoonlik op die ryer, mense raak te mak.

Nico ·

Ek sal graag by die taalkundiges wil hoor wat dink hulle van die woord, kwadfiets, ek dink dis baie swak taalgebruik

Susan Lombaard ·

Dagsê Nico. Beide die HAT (Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal) en die AWS (Afrikaanse Woordelys en Spelreëls) dui kwadfiets aan as die korrekte vertaling van “quad bike”. Vergelyk Afrikaanse woorde soos “kwadraat” of “kwadrupleeg”, waar “kwad-” ook “vier” of “vier keer” impliseer, soos in die geval van kwadfiets. Groetnis!

Rieks ·

Hi Nico, as die direkte vertaling jou so pla gee vir ons die korrekte naam vir die vierwiel aangedrewe motorfiets…

THEA SWART ·

Dit is ‘n vieslike ding ons het ook al ‘n klein-neef verloor agv so ‘n fiets wat op hom geval het of jy moet baie ervare of stupid wees om so ding te besit

Neptunus ·

Geen opleiding word vereis om ‘n kwadfiets te bestyg en die wêreld in te vaar nie. Dis inderdaad so dat dit ‘n hoë swaartepunt het en maklik op die bestuurder daarvan beland. Omdat dit nie lisensieërbaar is nie het die goed nie nommerplate nie en is mense wat dit in openbare gebiede ry moeilik identifiseerbaar sou hulle iemand raakry. Nico, is die term kwadrupleeg dan ook “verboten” in jou woordeskat?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.