ʼn Man is Maandag lewenslange tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is op drie aanklagte van verkragting.
Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê Bhekani Nzuza (28) is in die Esikhawini-landdroshof tot ʼn verdere tien jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van seksuele aanranding en vyf jaar vir diefstal.
Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.
Nzuza het op 12 Mei 2012 ʼn 16-jarige meisie met ʼn mes gedreig waarna hy haar verkrag en haar selfoon gesteel het. Hy is sewe dae daarna in hegtenis geneem.
Gaan ‘lewenslank’werklik ten minste 25 jaar beteken of smeer hulle ons weer net heuning om die mond?
Waarom modereer julle my kommentaar? Ek vra net of Lewenslank ten minste 25 jaar tronkstraf beteken en of hy dit gaan uitdien!
Christa, lyk my jy moet ‘n kuiermens wees om jou mening te lig, of lug.
Gebeur met my ook.
Verkragting en 25jaar tronkstraf klink reg op die oor maar wat gebeur in die werklike lewe?