Man val 7 meter ver

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man het ernstige beserings opgedoen nadat hy Donderdagmiddag ongeveer 7 meter ver in ʼn sloot in Tierpoort in Pretoria, Gauteng geval het.

“ʼn Reddingspoging is van stapel gestuur om die man weer na die oppervlak te bring waar paramedici hom kon behandel,” het Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê.

Die man is op die toneel gestabiliseer en na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Dit is nog nie duidelik wat gebeur het voor die man geval het nie.

Netcare 911 se paramedici bedank al die omstanders en lede van die publiek vir hul bystand tydens die reddinspoging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.