Man vas oor JHB-skietery

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is Sondag in hegtenis geneem nadat hy op metropolisiebeamptes in Johannesburg geskiet het.

“Die skietery het plaasgevind nadat die metropolisiebeamptes omstreeks 14:00 ʼn motor van die M2 by Benrose begin agtervolg het,” het hoofsuperintendent Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, gesê. “Die swart Mercedes Benz het teen ʼn hoë spoed en roekeloos op die M2 in ʼn westelike rigting gery.”

Minnaar het gesê die motor was in die vinnige baan en het al die bane oorgesteek om die Benrose-afrit te neem. Die beamptes het die motor gevolg tot by die George Goch-hotel. “Vier persone het uit die Mercedes geklim en begin skiet,” het hy verduidelik. “Ons polisiebeamptes kon nie terugskiet nie weens mense wat uit die kerk gekom het.”

Een van die verdagtes is egter in hegtenis geneem, maar drie het weggekom.

“Die motor is vroeër vanjaar as gesteel aangemeld en was glo reeds gebruik in ʼn skietvoorval in die Johannesburgse middestad.” Die motor is gekonfiskeer en sal aan sy regmatige eienaar terugbesorg word sodra al die ondersoeke afgehandel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.