Man vas wat glo vrou oor egbreuk vermoor

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man van Rustenburg is in hegtenis geneem nadat hy glo sy vrou Maandagaand met ʼn skerp voorwerp doodgesteek het.

“Die 31-jarige man het glo sy vrou by die plaaslike taxistaanplek vermoor,” het kapt. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die egpaar, oorspronklik van Lesotho, het gestry en die man het sy vrou van egbreuk beskuldig.”

Die man het glo ʼn mes te voorskyn gebring en sy vrou ʼn paar keer gesteek. Sy het by die hospitaal aan haar beserings beswyk.

Die man het ernstige beserings opgedoen toe hy glo daarna deur lede van die gemeenskap aangerand is. “Die polisie doen ʼn beroep op die gemeenskap om nie die reg in eie hande te neem nie,” het Maku bygevoeg.

Die man sal binnekort in die landdroshof in Rustenburg verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Charlene ·

“Nie gereg in eie hande neem nie” Enige normale mens met `n hart so so iets doen! Hulle weet die man gaan omtrent skot-vry weg stap! Hulle is maar net mens en ongeag wat sy gedoen het, was dit verkeerd om haar te vermoor!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.