Man verdrink in Knysna

Coney Glen Foto: Mike Hampton, loveknysna.com

Coney Glen Foto: Mike Hampton, loveknysna.com

ʼn Man het in die see by Knysna verdrink, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) Sondag gesê.

“Reddingsvaartuie en -duikers is Saterdag omstreeks 17:00 na Coney Glen ontbied met ʼn berig dat iemand besig is om te verdrink,” het Jerome Simonis, stasiebevelvoerder van NSRI Knysna, gesê.

Simonis het gesê ʼn plaaslike man, vermoedelik 34 jaar oud, het in die see geswem toe hy in die moeilikheid beland het weens rowwe seetoestande en systrome.

Omstanders het hom uit die water gehaal en het reeds met KPR begin. Ondanks die NSRI-paramedici se pogings, is die man op die toneel dood verklaar.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

Die gewilde Coney Glen by die Knysna Koppe is bekend vir sy beeldskone strande en sterk seestrome.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.