Man vermoor glo meisie in kroeg

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is in Diepkloof, Gauteng in hegtenis geneem in verband met die moord op sy 23-jarige meisie.

“Daar word vermoed dat die verdagte en die slagoffer saam in ʼn kroeg gedrink het toe die verdagte ʼn mes uitgehaal, en haar verskeie kere in die bolyf gesteek het,” het konst. Sibusiso Chauke, polisiewoordvoerder, Sondag gesê.

Die man het van die toneel gevlug. Die vrou is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem en is kort na haar aankoms dood.

Die man is Saterdag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting Maandag in die Protea-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.