Yengesen Pillay (42), wat glo sy vrou vermoor het deur haar nagenoeg 50 keer met ʼn skerp voorwerp te steek, het Donderdag vlugtig in die Randburg-landdroshof in Johannesburg verskyn.
Die saak is tot 30 September uitgestel aangesien Pillay nog nie vir sielkundige waarneming gestuur is nie. Dit volg nadat hy verlede week probeer selfmoord pleeg het. Hy is ná die selfmoordpoging onder polisiebewaking in die hospitaal opgeneem en is op 21 Augustus ontslaan.
Yusuf Baba, die staatsaanklaer, het Donderdag in die hof bevestig dat Pillay nog vir sielkundige waarneming gestuur moet word om te bepaal of hy bevoeg is om verhoor te word.
Pillay staan tereg op aanklag van moord nadat hy glo op 16 Augustus sy vrou, Shareen (41), vermoor het. Shareen is by die ingang van ‘n kantoorpark in Bryanston gevind. Volgens paramedici het sy sowat 50 steekwonde opgedoen. Sy is later in die hospitaal dood.
Volgens The Witness is die egpaar van Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal afkomstig maar het hulle in Bryanston gewerk en gewoon. Pillay is vier dae na sy vrou se moord in Pietermaritzburg in hegtenis geneem.
Indien Pillay skuldig bevind word, kan hy tot lewenslange tronkstraf gevonnis word.
Lees ook:
Man probeer selfmoord pleeg ná gru-moord op vrou
Man in hof ná vrou se 50 steekwonde
Man vas ná gru-steekmoord
Vrou sê glo dit was haar man voor sy sterf
Vrou sterf ná 50 steekwonde
Almal is bevoeg genoeg om moord te pleeg maar dan is hulle skielik nie bevoeg om verhoor te word nie en moet vir waarneming gaan. Gee my krag!!
Theresa, NET so. Dan laat hang hul hul ooglede bietjie, loop so staaadig en eet min dat hul maer en siek moet lyk. Geestesversteuring van watter aard ook al is nie ‘n grap en die wat dit wil misbruik om hul straf vry te probeer spring moet net weet – die wiel draai en eendag sal jy NIE kan lieg nie want daar is ‘n Alsiende God wat presies weet wat werklik gebeur het. Aan Hom sal jy MOET verantwoording doen.