Metrobeampte vrygespreek na taximan se moord

Argieffoto

Argieffoto

Die saak teen ʼn Johannesburgse metropolisiebeampte wat daarvan aangekla is dat hy ʼn taxibestuurder doodgeskiet het, is laat vaar.

“Die beampte is vrygespreek nadat ʼn interne ondersoek bepaal het dat hy uit selfverdediging opgetree het aangesien die taxibestuurder hom met ʼn skroewedraaier aangeval het,” het Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, gesê.

Ao. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, het verlede week gesê die metrobeampte het langs ʼn taxi stilgehou wat glo die pad versper het waarna die 32-jarige beampte die 38-jarige taxibestuurder doodgeskiet het. Die voorval het in Naledi in Soweto plaasgevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Andries Erwee ·

Dankie Visie Pres Ramaphosa. U gee my hoop. Dit is so jammer dat daar soveel Suid-Afrikaners is wat nie verstaan dat ons leiers nodig het wat ook in hul privaat lewe ook suksesvol is .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.