Montecasino-moord: Blom het versmoor

Dustan Blom en sy vrou Talita op hul troudag in 2010. Foto: Facebook

Dustan Blom en sy vrou Talita op hul troudag in 2010. Foto: Facebook

ʼn Forensiese patoloog het bevind dat Dustan Blom, wie se liggaam in die kattebak van sy motor by Montecasino gevind is, versmoor het, het die hooggeregshof in Johannesburg, wat in Palm Ridge sit, gehoor.

Shirley Moeng, ʼn forensiese patoloog, het getuig dat een van die beentjies in sy nek gekraak was. “Dit gebeur gewoonlik met dié soort sterftes – wanneer iemand gehang of verwurg word – wanneer die tong uit die mond gedruk word,” het sy gesê.

Volgens Moeng was Blom geklee toe sy liggaam gevind is. Daar was ʼn handdoek onder hom en hy het geen wonde gehad nie. Sy klere was vol bloed en ander liggaamsvloeistowwe weens sy toestand van ontbinding.

Blom se liggaam is op 22 September 2013 in sy motor in die parkeerterrein van Montecasino opgespoor nadat veiligheidsbeamptes ʼn slegte reuk geruik het. Maruschka Robinson en JP Malan is kort hierna in verband met Blom se dood in hegtenis geneem.

Die verhoor duur voort. Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

lindie ·

Ek het vandag uit gevind van jul netwerk en ek wil net Baie Dankie se vir al die wonderlike artikels!!! In ons moedertaal en gratis !!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.