Motorfietsryer sterf in trompop botsing

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Man is dood nadat sy motorfiets reg van voor teen ʼn motor gebots het in Stellenbosch in die Wes-Kaap.

Werner Vermaak, woordvoerder van die ER24, het gesê die botsing het Saterdag in Helshoogtestraat plaasgevind. Volgens Vermaak het die motorfiets etlike meter ver van die erg beskadigde motor gelê.

Die motorfietsryer het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Twee mans en twee vroue het ligte beserings opgedoen en is op die toneel behandel voor hulle na die Mediclinic Stellenbosch geneem is vir verdere mediese sorg.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

petrus swanepoel ·

Ons het vandag by ons huis aangekom na ‘n kort vakansie aan KZN se Suidkus. Volgens my opinie is swaar voertuie, taxi’s, oorlaaide sleepwaens en oorlaaidebakkies die grootste oorsaak van ongelukke op ons paaie. Gautengers met regterbaansindroom en bestuurders met ek is die baas by die week sindroom dra by tot padtantrums.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.