Motorfietsryer sterf op DBN-snelweg

Die wrak van die motorfiets. Foto: @Netcare911_sa / Twitter

Die wrak van die motorfiets. Foto: Netcare 911

ʼn 34-jarige man is Donderdagoggend in ʼn motorfietsongeluk op die M7-snelweg naby die Northdene-afrit in Durban oorlede.

Russel Meiring, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê die man was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. “Die man se liggaam het in die linkerkantste baan van die snelweg gelê,” het Meiring gesê. “Sy motorfiets het sowat 20 meter verder tot stilstand gekom.”

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.