ʼn Man en ʼn vrou is in ʼn kritieke toestand nadat hul motorfiets se band op die N1 in Bloemfontein gebars het.
“Die fiets het gerol nadat die band gebars het,” het Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Die man en die vrou het ongeveer vyf meter van die fiets af gelê toe paramedici by die toneel opgedaag het.”
Hulle het albei kritieke beserings opgedoen. “Die man het verskeie beserings opgedoen. Die vrou het nie reageer nie. Hulle is al twee na die Life Rosepark-hospitaal geneem.”
Klink snaaks, die fiets het gerol?