Motorongeluk eis president van nuwe SA vakbond

Cosatu

Cosatu

Sifiso Maphumulo, president van die nuwe Cosatu-vakbond, die Liberated Metalworkers Union of SA (Limusa), is Saterdag dood in ʼn motorongeluk op die N3 naby Estcourt in KwaZulu-Natal.

“Ons was op pad na Johannesburg vir die vakbond se eerste perskonferensie,” het Cedric Gina, sekretaris-generaal van Limusa, Sondag gesê. “Die pad was nat en hy het beheer verloor oor die motor. Die motor het omgeslaan.”

Gina is die voormalige president van die mededingende metaalwerkersvakbond, die National Union of Metalworkers of SA (Numsa). Hy en drie ander passasiers is beseer en in ʼn hospitaal behandel.

Volgens Gina was Maphumulo ʼn lid van Numsa en ʼn voormalige vakbondverteenwoordiger by Toyota in Durban. “Hy was ʼn leier wat nog hoë hoogtes sou bereik,” het hy gesê.

Die nasionale leierskap van Limusa sal binnekort ʼn vergadering hou om die pad vorentoe te bespreek. ʼn Perskonferensie wat Sondag in Johannesburg gehou sou word om Limusa formeel aan die media bekend te stel, is gekanselleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

CHRISTA ·

TAKE NOTE: As die pad nat is, verminder jou spoed!! Ry liewer STADIGER en kom by jou bestemming uit as VINNIG en jy kom glad nie daar uit nie.

Asjas ·

Dit wil voorkom asof hulle nou die “grend”, vinnige karre kry maar weet nie so lekker hoe om veilig te bestuur nie …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.