MRK gedreig oor ondersoek na uitlatings van Zoeloe-koning

Koning Goodwill Zwelinthini. Foto: DoC

Koning Goodwill Zwelinthini. Foto: DoC

Veiligheid moes dringend by die Durban-kantore van die Mensregtekommissie (MRK) opgeskerp word nadat ʼn reeks gewelddadige dreigemente ontvang is.

City Press het berig anonieme persone het gedreig om die kantoor af te brand indien die kommissie voortgaan met sy ondersoek na opmerkings van die Zoeloe-koning, Goodwill Zwelithini, in sy toespraak verlede maand in Pongola, KwaZulu-Natal.

Zwelithini word daarvoor blameer dat hy die xenofobiese geweld begin het toe hy aan ondersteuners gesê het dat buitelanders hul tasse moet pak en gaan. Hy het ontken dat hy dit gesê het en het die skuld op ʼn derde party en die media gepak vir aanhitsing van die geweld.

ʼn Bron binne die MRK het aan City Press gesê een van die dreigemente het gelui: “As julle nie dadelik ophou met jul ondersoek van die koning nie, sal julle kantoor aan die brand gesteek word met julle binne-in.” Nog ʼn dreigement het beweer MRK-personeel word dopgehou.

Isaac Mangena, woordvoerder van die MRK, het bevestig dat die kommissie verskeie dreigbriewe en -oproepe ontvang het rakende die ondersoek na Zwelithini. Hy het gesê die kommissie is bekommerd oor die dreigemente omdat baie van die MRK-personeellede in die gemeenskappe werk waar die oproepe en briewe vandaan kom. Hy wou nie spesifiseer uit watter areas die dreigemente ontvang is nie.

“Die kommissie gaan voort met sy ondersoek en sal ʼn verslag aan die einde van die ondersoek uitreik,” het hy gesê. Volgens Mangena word die dreigemente geanaliseer om te sien of dit enige gevaar vir die kommissie en sy personeel inhou.

Hy het verder gesê die kommissie glo Zwelithini speel nie ʼn rol in die dreigemente nie en die koning se kantoor gee hul volle samewerking met die MRK se ondersoek.

City Press

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Tom ·

Ek gaan my maroela app van my foon afhaal.
Die kommentaar wat ons lewer word nie gepubliseer nie en daarom lewer niemand kommentaar nie. Mors van tyd.
Ek persoonlik dink die Zulu koning het baie gronde vir sy uitspraak. Wie is du Preez dat hy die Zulu koning aanvat en ons weerlose nasie nog meer in die brandpunt van geweld in dwing. Gaan jy die front beman as hulle ons uitdelg? Nee jy gaan skryf soos dit n lafhard hoort.

Peet Schabort ·

Ek stem saam Tom. Daar is genoeg om ons besig te hou binne ons landsgrense as om nog uitlanders te huisves. As die man emigreer op ‘n wettige manier en daar is werk vir hom wat nie plaaslik gevul kan word, dan het ek nie ‘n probleem daarmee. Dit is immers wat die Amerikaners doen. Ek voel egter jammer vir wat met Europa gaan gebeur. Ek glo nie hul besef mooi waarmee hul te doen het met die toestroming wat net nie einde kry. Weereens net ‘n bewys van die onstabiliteit van die regerings waar hierdie mense vandaan kom.
Die verpligting wat ons regering het teenoor aangrensende lande weens die struggle is egter die grootste struikelblok. Daarom moet ons wittes ons maar uit hierdie politiek hou. Dis ‘n gevaarlike terrein.

CHRISTA ·

Join die klub, Tom. Maroela wil ook nie my kommentaar plaas nie!!

Pedrie ·

Tom, Peet, Christa…. My Kommentaar word ook feitlik item vir item deur Maroela se sensuur antie verwyder…. Dis op vir ‘n rukkie en dan, puf! Weg!

Ed ·

die MRK is n groot probleem.n Mens het nie spontaan regte nie, jy moet dit verdien. Die Zulu koning is reg, weg met die instroming van onwettiges in RSA, hulle bring net probleme mee

Pedrie ·

Ed, ek ondersteun jou opinie 100%. As al die uitlanders weg is, sal dit beter gaan hier

Ed ·

die MRK is n groot probleem.n Mens het nie spontaan regte nie, jy moet dit verdien. Die Zulu koning is reg, weg met die instroming van onwettiges in RSA, hulle bring net probleme mee

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.