MTN-inbelsentrum gesluit weens staking

Argieffoto

Argieffoto

MTN het Sondag sy inbelsentrum gesluit terwyl die staking oor salarisse en bonusse by die maatskappy voortduur.

“Beste kliënte, let asseblief daarop dat ons dienste ontwrig is en die inbelsentrum gesluit is. Gebruik asseblief ons selfhelp-opsies. Ons vra om verskoning vir enige ongerief wat veroorsaak is,” het ’n opgeneemde stemboodskap gesê. MTN moes ook verlede week sy aanlynbetalingsportaal sluit nadat veiligheidsfoute blootgestel is.

Thabo Mogalane, adjunk-hoofsekretaris van die vakbond CWU, het aan News24 gesê die vakbond het ʼn ooreenkoms met MTN bereik oor talle van die betwiste kwessies en dat hulle nog net ʼn ooreenkoms moet bereik oor nagenoeg 3 000 personeellede se salarisverhoging en bonusse.

Personeel by MTN se inbelsentrums in Gauteng en Limpopo neem sedert Woensdag aan ʼn beskermde staking deel.

Verteenwoordigers van MTN en CWU sal Maandag weer vergader. Volgens Mogalane is kwessies soos permanente aanstelling en oortydbetaling reeds uitgesorteer. Die CWU het intussen sy eis vir bonusse verlaag na tussen 12% tot 16% en sy eis vir ʼn salarisverhoging na tussen 8% tot 10% verlaag.

Volgens MTN het personeel reeds ʼn 4%-bonus ontvang en sal in Desember nog ʼn 4%-bonus ontvang. Die maatskappy se posisie oor salarisverhogings is dat dit aan die maatskappy se prestasie gekoppel word.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

M.Claase ·

Die MNT staking veroorsaak uiterse krisisse in my lewe. Weduwee alleen op ‘n plaas in die boland – met 2 fone (1 vir backup) is ek total gestrand – albei fone is op MTN op kontrak -Omdat ek op kontrak is vir albei kan ek nie net 1 foon gou na Vodacom verander nie . My grootste verlies is GEEN WHATTSAPP – EK IS MET MY HELE VALLEI SE BOERE VERBIND EN KRY DADELIK NOODBOODSKAPPE ENS……NOU IS DAAR GEEN VERBINDING NIE !!!!!!!!!!!! EN MY SEKURITEIT IN GEDRANG !!!!!!!!!!! EK IS GEDURIG MET MY KINDERS EN FAMILIE OORSEE IN VERBINDING MET WHATTSAPP = AFGESNY !!!!!!!!!!!!! SELFDE MET MY VRIENDE
EK WORD TOT DIE UITERSTE BEPROEF MET MTN WAT STAAK
‘n JAAR GELEDE MTN GEVRA VIR EKSTRA HULP VIR BETER SEIN – EK KAN GEEN GESPREK MET NIEMAND VOER NIE WANT EK SIT TEEN DIE BERG – IEMAND BEL EN BINNE HALFMINUUT WORD DIE SEIN AFGESNY !!!!!!!!!!!EK IS SOOOOOOOOO GATVOL VIR MTN SE SWAK DIENS EK KAN KLONTJIES KRY

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.