Die afgetrede regter-president Bernard Ngoepe het ʼn beroep op Suid-Afrikaanse universiteite gedoen om die vierjaar-LLB-graad te skrap, berig Saturday Star.
“In die ou dae is jy nie eers toegelaat om vir ʼn LLB te registreer as jy nie ʼn junior-graad gehad het nie,” het Ngoepe aan die koerant gesê. Hy sê die voorgraadse LLB is ʼn “verheerlikte” BProc. Die BProc-graad het weggeval en is met die LLB-graad vervang. “Hulle het die BProc-graad gevat, een of twee vakke bygesit en dit ʼn LLB genoem.”
Ngoepe se beroep kom nadat Wits die week aangekondig het dat hy sy voorgraadse LLB-graad gaan vervang met ʼn LLB nagraadse-program. “In vergaderings met regsfirmas en lede van balie is een assessering eenvormig ontvang – die vierjaar voorgraadse LLB berei studente nie behoorlik voor vir die regsprofessie nie,” het Buhle Zuma, woordvoerder van Wits, met die aankondiging gesê.
Ngoepe sê die BProc-graad moes by universiteite behoue gebly het as intreepunt tot die professie waarna studente dan verder tot ʼn LLB-graad kan studeer.
Hoe wil hy LLB skrap en dink daar gaan regsverteenwoordigers uitpop wat regverdig en korrek kan oordeel? Maar net nog n foefie om swart regslui te bevoordeel, alhoewel hy nie dink dit kan verreikende gevolge in die toekoms inhou in ons reeds korrupte regstelsel. Standaarde wat al laer gemaak word in alle velde laat meer ongeskoolde werkers toe wat vir vet salarisse betoog maar nie die werk kan doen.
Christien…lees gou gou weer die berig mooi
……….Uhmmmm. Dink jy sal dit moet uitspel Gerhard. ( Die klok !- die klok !……maar die bel is soek ? )
Dankie Gerhard, amper dog ek ék het nie mooi verstaan nie!
Dit is 100% reg. Wat gebeur nou met die ons wat alreeds met die vier jarige LLB graad begin het? Wat van hulle wat alreeds hulle graad het? Hoekom dan nou skielik fout vind wanneer hy moet aftree?
Interessant genoeg is die ou dae die dae van die regime.
Tipies van ons nuwe goewerment, als wat reg werk moet eers verander word voordat hulle besef hoe goed dit gewerk het! BProc (3 jaar) was die intree tot die regte, LLB was n nagraadse verdere 2jaar (as ek reg kan onthou)
Ek wonder of hy enige idee het hoe moeilik die huidige LLB graad is? 40 modules en elke een is baie moeilik en baie werk, hoe kan dit jou nie voorberei nie? Ek is nou finale jaar LLB en dit maak nie sin nie