Nhleko was veronderstel om aan te kondig of president Jacob Zuma ʼn gedeelte van die geld, wat op opgraderings by sy Nkandla-woning bestee is, moet terugbetaal. eNCA het berig die mediakonferensie, wat by die parlement se mediasentrum sou plaasvind, is tot Donderdag uitgestel.
Thuli Madonsela, openbare beskermer, het verlede jaar in haar verslag oor Nkandla bevind dat Zuma en sy familie onbehoorlik gebaat het by die R246 miljoen se opgraderings by sy privaatwoning en dat hy ʼn “redelike gedeelte” daarvan moet terugbetaal.
Zuma het tot op hede nog geen verantwoordelikheid vir die skandaal aanvaar of besluit om enige geld terugbetaal nie. In plaas daarvan om Madonsela se aanbeveling na te kom, het Zuma Nhleko aangesê om te besluit of hy aanspreeklik gehou kan word vir die opgraderings by sy Nkandla-woning.
Op aanbeveling van die parlementêre ad hoc-komitee vir Nkandla het Baleka Mbete, die speaker van die nasionale vergadering, aan Nhleko geskryf en hom beveel om ʼn span veiligheidskenners na Nkandla te stuur om te bepaal of Zuma se wonings by Nkandla veilig is of nie.
in my opinie is Nkandla staats besit , ons belasting daarvoor betaal so al ons presidente moet daar kan woon?? Dis ons Suid Afrikaanse “Wit huis” :) se maar net
Van uitstel kom afstel, tipies Afrika tyd