Nkandla-argitek se saak uitgestel

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

Die spesiale ondersoekeenheid (SOE) se siviele eis teen die Nkandla-argitek Minenhle Makhanya is Maandag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg uitgestel, het die SAUK berig.

Die saak is tot 25 Februarie uitgestel. Die SOE se eis teen Makhanya hou verband met opknappings wat by president Jacob Zuma se Nkandla-woning in KwaZulu-Natal gedoen is.

Die SOE het op 11 Augustus ʼn siviele eis van R155,3 miljoen teen Makhanya ingestel. Die SOE voer aan dat Makhanya die omvang van die werk vergroot het deur items te ontwerp en goed te keur wat nie vir veiligheidsdoeleindes was nie.

Volgens die SOE is meer as R68 miljoen aan diensverskaffers betaal vir werk wat nie deur die polisie en weermag voorgestel is nie weens Makhanya se “onregmatige, onwettige en nalatige optrede”.

Volgens Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, se verslag is Makhanya R16,5 miljoen betaal vir sy aandeel aan die projek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ai tog ·

Die land van melk & heuning mors lekker vermors want dis nie jou geld nie!!!!

Theresa ·

…….en so aan – ensovoorts en so aan en so aan………………..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.