Nkandla Style-video verwyder van YouTube

nkandla style afgehaalʼn Video genaamd, Nkandla Style, wat die spot dryf met pres. Jacob Zuma se luukse privaatwoning in Nkandla, KwaZulu-Natal, is van YouTube verwyder.

Die video is, vier dae nadat dit gelaai is, reeds meer as 250 000 keer gekyk. Maroela Media het vroeër oor die sensasie berig.

Die musiekvideo is gebaseer op die Suid-Koreaanse musiekvideo, Gangnam Style, deur die kunstenaar Psy. Nkandla Style is deur die gebruiker N’kandla Staail op YouTube gelaai. Meer inligting is nie oor die gebruiker bekend nie.

Die lirieke dryf die spot met die Nkandla-swembad en verwys ook na Julius Malema en Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer.

Alhoewel die oorspronklike video afgehaal is, is talle ander video’s met dieselfde liedjie steeds beskikbaar. Twee van die “nuwe” video’s is saam reeds bykans 16 000 keer gekyk.

http://youtu.be/mZQa5ER2mcA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Leana ·

Oulik !! Hou ook meer van hierdie weergawe wat nog beskikbaar is. :-)

Ina Smith ·

Die oorspronklike video net gisteraand vir die eerste keer gekyk, en my eerste reaksie dit is super skerp. Sosiale media en musiek speel ‘n belangrike rol om mense se gevoelens uit te druk, en mense gebruik dit kreatief!

Ina ·

Aai jaai jaai… dis nogals scary om te weet ons land word ge-regeer deur sulke NARRE… Die surkus het sy tent gevat en geloop en net n klomp narre agter gelaat, REGTIG!!!!!!
Kan iemand asb n video maak van al die plaasmoorde en dit ook op YouTube sit sodat die hele wêreld kan sien wat regtig hier aangaan!!!!

jenny Thom ·

Jammer om te pla. Sê tog assblief vir my waarom is Zuma so bang? Waarom is hy besig om die sekuriteit by sy huis te Pretoria op te gradeer? Gaan kyk maar langs Kerkstraat en Francesstraat, Colbyn hoe word daar gewerskaf. Afgesien van die meters hoë swart palisade, word daar nou nog ysterstawe in sement gegiet. Onseker of daar nog ‘n muur of wat ookal daarop gebou gaan word. Groete

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.