Nuwe Mej. SA vandag gekroon

Ziphozakhe Zokufa (links) tydens die Mej. Suid-Afrika-kroning vroeër vanjaar. Strauss (middel) is as Mej. SA aangewys. Foto: Miss SA/Facebook

Ziphozakhe Zokufa (links) tydens die Mej. Suid-Afrika-kroning vroeër vanjaar. Strauss (middel) is as Mej. SA aangewys. Foto: Miss SA/Facebook

ʼn Nuwe Mej. Suid-Afrika word Woensdag gekroon nadat Rolene Strauss Sondag as Mej. Wêreld aangewys is.

“Met die kroning van Rolene Strauss as Mej. Wêreld 2014 is ons nou gekonfronteer met ʼn unieke situasie in die geskiedenis van die Mej. Suid-Afrika-kompetisie waar Rolene nie meer die huidige Mej. Suid-Afrika is nie,” het die organiseerders van die kompetisie gesê.

Volgens die reëls van die kompetisie moet die eerste prinses as Mej. Suid-Afrika gekroon word indien die huidige Mej. Suid-Afrika nie langer haar verpligtinge kan nakom nie. Ziphozakhe Zokufa sal Woensdagmiddag by die Maslow-hotel in Sandton, Johannesburg as die nuwe Mej. Suid-Afrika gekroon word.

Zokufa sal Mej. Suid-Afrika wees tot 29 Maart wanneer die volgende Mej. Suid-Afrika by Sun City gekroon word. Sy sal Suid-Afrika intussen in die 63ste Mej. Heelal-kompetisie verteenwoordig wat op 25 Januarie in Miami in die VSA gehou word. Sy vertrek op 4 Januarie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.