OB een van Time se Top 100

Grafika: Time-tydskrif

Grafika: Time-tydskrif

Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, het Time-tydskrif se jaarlikse lys van die 100 invloedrykste persone gehaal.

“Die Openbare Beskermer is verras dat die beskeie pogings van haar kantoor nie net plaaslik nie, maar ook elders in die wêreld erken word,” het Kgalalelo Masibi, woordvoerder vir Madonsela, Donderdag gesê.

Madonsela het gesê, net soos enige ander eerbetoon, is dit nie net ʼn erkenning vir haar as individu nie, maar vir die hele span by die Openbare Beskermer se kantoor. Sy sê haar span put inspirasie uit die feit dat hul pogings, om die regering te help om wanadministrasie op te spoor en uit te roei, nie ongemerk verbygaan nie.

Masibi sê volgens Time erken die lys, nou al in sy 11e jaar, die aktivisme, innovasie en prestasie van die wêreld se invloedrykste individue. “Dit is nie net ʼn lys van die magtigste of slimste mense in die wêreld nie,” het sy gesê. Daar is ook wetenskaplikes, filosowe, leiers, ikone, kunstenaars en visionêre by die lys ingesluit.

Die volledige lys verskyn in Time-tydskrif se uitgawe van 5 Mei.

Barack Obama, Angela Merkel, Hillary Clinton, Edward Snowden, Wladimir Poetin, John Kerry en Beyoncé is van die persone wat ook vanjaar se lys gehaal het. Klik hier om die volledige lys te sien.

Madonsela en die ander persone wat op die lys benoem is, sal die Time 100 Gala op 29 April in New York bywoon, waar die lys amptelik bekend gemaak sal word. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Erich Goosen ·

Welverdiende eer Me Madonsela. Die ANC maak hulle weer skuldig aan opperste skynheiligheid. Probeer haar verslag oor Nkandla onder die mat invee maar wens haar ook geluk. Dis om vas naar te wortd. Waar is my groen emmer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.