Onnie klap glo kinders wat nie wil baklei

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Onderwyser van ʼn hoërskool in Pinetown in KwaZulu-Natal gaan dissiplinêr aangekla word nadat hy glo twee leerlinge aangemoedig het om te baklei.

Isaac Luthuli, woordvoerder van die provinsiale departement van onderwys, het aan Sapa gesê hulle het Woensdag deur middel van die media van die beweerde voorval te wete gekom.

Isolezwe het gister berig dat ʼn onderwyser by die Nilgiri Secondary School glo twee gr. 11-leerlinge aangemoedig het om te baklei. Die leerlinge het geweier waarna hy hulle glo geklap het. Die voorval is op ʼn selfoon verfilm.

“Ons wil ʼn sterk boodskap stuur aan onderwysers. Ons verwag van hulle om studente touwys te maak en hulle te help om hulle talente te ontdek. Geweld is nie ʼn talent waarna ons op soek is nie,” het Luthuli gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

CHRISTA ·

Geweld is nie ‘n talent waarna hulle op soek is nie. Die regering en polissie haat kompetisie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.