Onsekerheid of Namaquafees voortgaan

Steve Hofmeyr. Foto: Facebook

Steve Hofmeyr. Foto: Facebook

Die Matzikama-munisipaliteit kon nie Vrydag bevestig of die Huisgenoot Namaquafees inderdaad gekanselleer is na beweerde onmin oor Steve Hofmeyr se beplande optrede by die fees nie.

Die fees is veronderstel om einde Oktober in Vredendal plaas te vind.

Elizna Mouton, skakelbeampte van die munisipaliteit, het aan Maroela Media gesê ʼn vergadering met die munisipale bestuurder word later Vrydagmiddag gehou.

“Die raad van Matzikama ondersteun die Huisgenoot Namaquafees tot dusver soos elke jaar,” het Mouton gesê. “Dit is nie die raad wat die fees aanbied nie. Die verwarring en onwaarhede is versprei deur oningeligte persone en het gelei tot baie botsende emosies wat sake net vererger.”

Die munisipaliteit sal na verwagting later ʼn mediaverklaring oor die aangeleentheid uitreik.

Maroela Media het verneem dat kunstenaars wat deur Events24 vir die fees gereël is, ʼn e-pos ontvang het waarin die ooreenkomste vir hul optrede by die fees gekanselleer is.

“Die bewoording soos gebesig deur Matzikama in hul korrespondensie van beswaar aan Events24, is helaas onvanpas en nie in die gees van hul ooreenkoms met Events24 nie,” lui die e-pos.

Events24 sê verder dat hy hom nie met Matzikama se gesindheid in die verband kan vereenselwig nie en dus met onmiddellike effek van die projek onttrek en die fees kanselleer.

“Ons is jammer oor die toedrag van sake maar ons (Events24) kan ongelukkig nie onder sulke omstandighede verder betrokke bly nie,” aldus die e-pos.

Hofmeyr het intussen op Twitter gesê: “Ek het gewaarsku. As jy my gaan voorskryf (sensureer) oor wat ek moet sê of sing, kry ‘n meer plooibare sanger.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

pieter ·

Ons gaan ook vir die fees maar nou is dit klaar nooit weer nie. Hulle sal nooit ophou met nonsens nie en Steve is n groot aantrekings krag. Hul moet maar afskryf en toemaak.

Tian ·

Kan almal nou net asb saam staan en wegbly van die fees af, al gaan dit voort…

veronica ·

Weereens sê ek: daar is twee stelle reëls. Een vir Wittes en een Forhelle! Kyk bietjie die advertensies vir AfroCafe op TV: nie een wit gesiggie nie, maar kyk jy Noot vir Noot sal jy altyd erens ‘n gekleurde gesiggie of twee sien! Ai tog! Ek is al so moeg vir hierdie twee-gat-jakkals- politiek!

Anton Visser ·

Ek stem saam as hulle wil se wat Steve mag sing en se moet hulle maar toemaak! Vredendallers sal moet opstaan en se wat hulle wil he! Duidelik het hulle dorp nie die finansiele inspuiting nodig wat die besoekers sou bring nie! Sensuur toepas op Steve gaan nie werk nie!

Marlene Oosthuizen ·

Sê hulle Steve. Wie is hulle om vir jou te kom voorskryf wat om te sing en wat nie. Plaas hulle eerder meer aandag gee aan dienslewering en hulle neuse uithou uit die fees. Dis waarvoor hulle betaal word. Ek glo nie eers een van die wat nou so baie te sê het besoek ooit die fees nie.

Tilla ·

Dit is ‘n skande dat hierdie land se mense so optree teenoor Steve!! Die swartmense sing “kill the Boer” en doen dit ook sommer en daar word beswaarlik ‘n oog daaroor geknip. Praat van Rasisme!!! die witmense gaan reeds meer as 20jaar gebuk onder rasisme maar “staan ” nogtans.
Nou mag ons nie die stem (wat ‘n gedig is) sing nie!! wat se snert is dit. ek is seker daar is beter
dinge waarmee hierdie mense hulleself mee kan besig hou, soos om die vinnige ondergang van hierdie land te probeer keer deur te bou en nie af te breek nie!!!!

Drieks ·

Laat ons twee kampe hé. Die wat wil trors wit wees en die trotse ANC wittes.
Mooi Steve….

Babs ·

Bly asb tog nou net weg van die fees. As blankes nie Vryheid van spraak mag hê dan moet hulle wys hoe hulle voel. Hierdie feeste is ‘n inspuiting vir die dorpe. Nooi dan maar vir Malema en sy narre uit om die Munisipale bestuur te kom vermaak.

Quinton ·

Hoe kan ons land se mense so pynlik polities korrek wees dat n’ sanger wat ons pragtige volkslied wil sing bespot en verbied word om dit te doen – terwyl MALema en zuma openlik rassistiese anti-blank “strugle” liede sing sonder kritiek? One boer one bullet en bring my machine gun is openlik haat spraak wat al baie boere se lewens gekos het…daar is geen haat spraak in DIE STEM nie.

Vos ·

Ek’s bly dat die organiseerder en die hoof borge standpunt ingeneem het. Dis tyd dat ons hierdie rassisme op regeringsvlak uitlig en stop. Steve het absoluut niks verkeerd gedoen nie. Ek hoop regtig dat die gemeenskap se oë sal oop gaan en hulle van die rassistiese raadslid sal ontslae raak. Hoe wil hulle ‘n land bou? Dis ‘n mooi land en daar is genoeg plek vir almal, maar dié kan nie aanvaar word nie. Sensuur op Afrikaner sangers deur ‘n rassis wat vir die munisipaliteit werk – dit KAN NIE toegelaat word nie!!!

barry ·

Steve jys ons hero my vriend n man wat staan vir wat hy glo ons staan saam jou.

Rosa Frank ·

Die mense is sooo pateties. Steve het die Stem gesing omdat dit vir hom en miljoene Suid Afrikaners ‘n pragtige lied is. Steve doen nie agterbakse dinge nie, as hy iets wil se dan se hy dit en ek glo die lied was nie op ‘n rasistiese trant gesing nie maar uit pure trots. Ek stem Steve, “you do not need these kind-a pathetic people to dictate to you!” Ek is nou regtig nie ‘n kandidaat vir enige koor nie, nie eers die “Wooden Microfine” nie maar ek sing die Stem kliphard en ek gee nie ‘n flenter om wie my hoor nie want ek kan en ek wil!!! Steve jy is nie net my nie maar miljoene mense se hero. Mag jy nooit ophou ordentlike afrikaanse liedjies sing nie.

Riaan Smuts ·

Hi, Steve jy het al ‘n hele paar rand uit ons Suid-Afrikaners gemaak…………….bewys die munisipaliteit ‘n punt en reel jy en jou span die fees,maak dit ‘n groot mediapublisiteit en ja hou die Vredendal Afrikaanse fees aan die gang, noem hom sommer weer die Rittelfees, daar sal ander wyne bereid wees om jou te borg……..doen dit Steve, vir ons Afrikaners

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.