Oscar Pistorius bedank “geliefdes”

Oscar Pistorius Vrydag in die hof. Foto: Herman Verwey/Media24/Pool

Oscar Pistorius Vrydag in die hof. Foto: Herman Verwey/Media24/Pool

Die moordbeskuldigde Oscar Pistorius het Vrydagmiddag nadat slotbetoë in sy moordverhoor gelewer is, sy “geliefdes” op Twitter bedank.

“Dankie aan my geliefdes en diegene wat daar was vir my, wat my opgetel het en deur alles gehelp het,” het Pistorius omstreeks 16:20 getwiet.

Adv. Gerrie Nel, staatsaanklaer, en adv. Barry Roux, vir Pistorius, het Donderdag en Vrydag hul slotbetoë in die hooggeregshof in Pretoria gelewer.

Die saak is tot 11 September uitgestel wanneer regter Thokozile Masipa na verwagting uitspraak sal lewer.

Pistorius staan tereg op ʼn aanklag van moord nadat hy Steenkamp op 14 Februarie 2013 by sy huis in Pretoria-Oos doodgeskiet het. Hy voer aan hy het haar vir ʼn inbreker aangesien. Hy staan ook tereg op aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Vuurwapenwet.

Klik hier om die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.