“Ons neem kennis van die staat se aankondiging. Die reg moet sy gang gaan,” het Arnold Pistorius, Oscar se oom, in ʼn verklaring gesê.
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Maandag bekend gemaak dat hy gaan appelleer teen Pistorius se skuldigbevinding en vonnis.
Nathi Mncube, woordvoerder van die NVG, het gesê die appèl rakende Pistorius se skuldigbevinding aan strafbare manslag is gegrond op die interpretasie van die wet. “Die meriete en die nadele van die NVG se argument in hierdie verband sal duidelik word wanneer ons hofdokumente indien vir verlof om te appelleer.”
Regter Thokozile Masipa het Pistorius verlede week Dinsdag tot vyf jaar tronkstraf gevonnis. Dit nadat hy skuldig bevind is aan strafbare manslag na die skietdood van sy vriendin Reeva Steenkamp.
Mncube het gesê staatsaanklaer Gerrie Nel en adv. Andrea Johnson het regter Thokozile Masipa se uitspraak bestudeer, navorsing gedoen en met regskenners gekonsulteer om vas te stel of daar voldoende gronde was om te appelleer. “Die aanklaers is nou besig om die nodige dokumente voor te berei sodat dit binne die volgende paar dae ingedien kan word,” het Mncube gesê.
Pistorius se regspan kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.
Klik hier om alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media te lees.
Wat gaan aan lei die hele spul aan vervolgins sindroom wat wil hulle nog uit hom kry hy het nie geld nie souwat
Ja nee,Gerrie Nel, ek hoop dat jy lekker slaap,na jou vervolgings waansin.Bid net dat jou kinders nooit so iets oorkom nie.Want jy het geen hart nie.
Hoekom los jy nie ?,maar wil jy nou vir die wereld wys waartoe jy instaat is.
Wil jy nou die shine vang.
Nee hy doen net sy werk!
Ek is van mening dat die atleet weggekom het met moord. Ek sou baie teleurgesteld gewees het indien die staat NIE geappelleer het nie.
Elize 110%+ reg.Masipa het hom gevonnis en die hoofstuk is FINAAL gesluit. Oscar is reeds nie homself nie, verdere vervolging sal sy hart nie kan weerstaan nie. Gerrie staak dit, jy is nie verhewe bo die wet nie.
Dis die beste nuus wat ek nog ontvang het. Geregtigheid het nog nie in hierdie saak geskied nie. As hy onskuldig is sal dit uitkom Waaroor die bohaai. Nee Ek glo in geregtigheid. Hoop die waarheid sal seevier
Jy kom weg met moord as jy Roem en geld het. Ag nee mense. Weskoppies het mos bewys dat oscar geweet het wat hy doen. Gerrie Nel dit wat hy aan Reeva en haar family gedoen het kan lewenslank in die tronk nie aan oscar en sy family doen nie. Sy family kan hom nog sien. En hy kan aangaan met sy lewe na 8 mnd. Want hy dien mos net n gedeelte van daai vonnis uit. Maar Reeva en haar family kan nie. Gerrie Nel ek staan 100% agter jou. Sy leuns sal hom inhaal. Asook sy family wat die waarheid weet maar stilbly. Want n dooi kan mos nie praat nie.
DIe kommentare wat so kerm oor Gerrie dit en Gerrie dat weet duidelik nie hoe die regstelsel werk nie. Dis nie GERRIE wat appelleer nie dit is die NVG en appel word aangeteken op grond van TOEPASSING VAN DIE WET, nie omdat Gerrie nie wil laat los of wraak soek of wat ookal julle hier kwytraak nie. Hou jul tog liewer daaruit en julle emosionele oningeligte kommentaar vir julself
Dankie BullsEye, sê hulle. Die eerste skoot kon dalk nog as manslag afgemaak word, maar die drie daarna is moord, soos per definisie in ons regstelsel.
Dit n goeie ding dat ons qs suid afrijaners nog kan saam staan