Oscar Pistorius: “Hy het Zuma se familie en ons vriende beledig”

Oscar Pistorius tydens sy moordverhoor in die hof. Foto: Daniel Born/The Times/ SAPA

Oscar Pistorius tydens sy moordverhoor in die hof. Foto: Daniel Born/The Times/ SAPA

Oscar Pistorius het glo Saterdagaand tydens ʼn onderonsie by ʼn kuierplek in die luukse Michelangelo Towers in Sandton, Johannesburg, president Jacob Zuma se familie en sy eie vriende beledig.

The Star het Dinsdag berig Jared Mortimer, ʼn sakeman van Johannesburg, beweer hy was saam met Pistorius in die kuierplek, The VIP Room, toe Pistorius hul gemeenskaplike vriende en Zuma se familie beledig het. Mortimer en Pistorius ken mekaar nie persoonlik nie, maar deel gemeenskaplike vriende. Mortimer beweer die beledigings het later tot die onderonsie gelei.

“Ek het dit persoonlik opgeneem omdat ek baie goeie vriende met ʼn lid van Zuma se familie is,” het Mortimer aan die koerant gesê. Hy beweer ook dat Pistorius onder die invloed van alkohol was en tydens hul gesprek sy vinger herhaaldelik op Mortimer se bors gedruk het. Mortimer het glo vir Pistorius weggestamp waarna hy oor ʼn stoel geval het.

Die kuierplek se uitsmyters het na bewering Pistorius opgehelp, maar is later gevra om Pistorius te verwyder ná ʼn konfrontasie met iemand anders.

Beeld het Dinsdag ʼn foto, waar Mortimer oudpresident Nelson Mandela se blad skud, op sy voorblad gepubliseer.

Anneliese Burgess, Pistorius se woordvoerder, het Maandag bevestig dat hy oor die naweek in ’n onderonsie by die kuierplek betrokke was, maar het ʼn ander weergawe van die gebeure gegee. Sy het gesê Pistorius was by ʼn spesiale afdeling in die klub toe ʼn man hom genader het wat intussen as Mortimer uitgeken is. “Volgens my kliënt het die individu hom op ʼn aggressiewe wyse begin ondervra oor sake wat verband hou met die verhoor. Dit het tot ʼn argument gelei en my kliënt het die persoon gevra om hom uit te los. Oscar het kort hierna saam met sy neef die kuierplek verlaat,” het Burgess gesê.

Perry Mermigas, die klub se woordvoerder, het bevestig dat Pistorius daar gekuier het, maar ontken dat enigiets buitengewoon gebeur het. “Ons is nie bewus hiervan nie. [Pistorius] was hier, maar daar was geen onderonsie nie en as daar was, sou ons daarvan geweet het,” het Mermigas gesê.

Pistorius het intussen aangedui hy is spyt dat hy die kuierplek besoek het. “My kliënt is spyt oor sy besluit om na ‘n openbare plek te gaan en sodoende onwelkome aandag te trek,” het Burgess bygevoeg.

Pistorius word van moord aangekla nadat hy verlede jaar op Valentynsdag sy vriendin Reeva Steenkamp deur ‘n geslote toiletdeur in sy huis in die ooste van Pretoria doodgeskiet het. Hy voer aan dat hy haar vir ‘n inbreker aangesien het.

Die hooggeregshof in Pretoria sal op 7 en 8 Augustus slotbetoë in Pistorius se moordverhoor aanhoor. -SAPA

Klik hier om die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

chris ·

Nog ‘n storm in ‘n tee koppie. Oscar is ‘n jong man soos miljoene ander wat pret wil he. Baie ouens raak dronk, bakleierig ens.

JOHANNES ·

Bloot die feit dat die ene Mortimer vriende met die Gupta’s en Zuma is glo ek nie ‘n woord wat hy/sy se nie.

Machiel ·

Ek sekondeer daai een. Ek trust ook geen persoon wat iemand in die Zuma clan ‘n vriend noem nie…….

Babs ·

As Mortimer bevriend is met Zuma, dan sal geen regdenkende mens hom glo nie. Pistorius kan hom nie draai nie of die aasvoëls is op hom.

Marieta ·

Scenario- stel jou voor. Hier sit mnr internasionaal bekend rustig saam familie en vriende en kuier in bbp afdeling van klub. Nou kom mnr “nondescript” ingestap en sy enigste aanspraak op roem is sy sogenaamde vriendskap met ‘n lid van ‘n omstrede president se familie…skielik merk hy mnr bekend op en besef nou is sy kans om die kollig vir paar sekondes ook op hom te laat skyn. Uiteinde, hy konfronteer mnr bekend op uittartende wyse en spog selfs hoe hy mnr bekend rondgestamp het net om bietjie meer glorie in te oes. En dan omdat hy weet hy het geen voet om op te staan om sy optrede te regverdig nie, spring hy maar op die waentjie genaamd “blaamskuif”. En teken sommer terselfdertyd brownie points aan by al die anti-blank ondersteuners. “O, mnr bekend het Zuma se familie beledig toe speel ek maar net die onskuldige held” Nou moet Zuma en sy kaders ag neem en vir my ook ‘n plekkie op hul soustrein skep. “

ekke ·

Hoe ookal…
Alle oe is op Oscar, nie op die ander kapokhaantjie nie. So – oscar moes maar terug gehou het, tot alle stof gaan lê het. Dis net nog ‘n spuiker in die kis die! Mens kan seker nie van hom verwag om steeds tussen 4 Mure te bly nie, ons moet menslik ook wees – maar genade los die klubs en gaan hou piekniek by die zoo saam jou familie met ‘n keps,op jou,kop!!

duidelik help VIP klubs jou niks, môre is jy op al wat ‘n voorblad is en boonop beweer hulle jy was dronk…oeps.

Johan ·

Ek het nou hard en lank gedink maar ek kan aan niks dink wat vir Zuma n belediging kan wees nie. Ek sou wel erg beledig gevoel het as iemand my n vriend van die Zumas genoem het!

Cecilia van Rooyen ·

…. en mnr Mortimer dink hy is ‘n held want hy het iemand met ‘n gebrek gestamp dat hy oor die stoel val. Mortimer soek net publisiteit.

Rentia Pienaar ·

Dit klink altyd vir my so platvloers as iemand loop en spog dat hy of sy met sus-en-so (wat tog o-so-belangrik is) bevriend is. (Nou nie juis dat ek dink dat hier rede is om te pronk nie – ek sou dit maar stil hou…) Die ou se familie skaam hulle seker morsdood. Ek sien nou weer: daar is ‘n paar dinge wat geld beslis nie kan koop nie.

charmaine ·

Wie en wat is die mnr Mortimer, moet ons van hom weet en doen hy iets belangriks in Suid-Afrika?

Beide kante, is nie reg. Oscar moes vir eers maar tussen 4 mure gebly het of die sterre bekyk het, want dalk gaan hy dit vir lank nie sien nie!

Die ander man, soos ‘n bedorwe seuntjie soek hy aandag, siestog! Nou kan hy ook se sy naam was in die koerant, al was dit in n dronk nes.

Dienie ·

Ek dink dat Oscar weet hy kan nie nou in enige sulke geskille betrokke raak nie en dus is dit vir my baie verdag dat hy juis nou iets so onverstandigs sal doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.