Pa en dogter vas oor seksuele dade met honde, mekaar

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Pa en sy dogter het Dinsdag in die Brakpan-landdroshof in Gauteng verskyn nadat hulle in hegtenis geneem is omdat hulle glo seksuele dade met ʼn hond en mekaar gepleeg het.

Kapt. Joep Joubert, woordvoerder van die Brakpan-polisiestasie, het Woensdag aan Maroela Media gesê die 42-jarige man en sy 21-jarige dogter van Brenthurst in Brakpan, is vroeër die maand in hegtenis geneem op aanklagte van bestialiteit en bloedskande.

Die polisie, in samewerking met die Brakpan-dierebeskermingsvereniging (DBV), het op inligting reageer waarna die twee op 7 November in hegtenis geneem is. Hulle het na bewering seksuele dade met mekaar en ʼn hond gepleeg en onder andere ook foto’s en video’s van die dade afgeneem. Die polisie het beslag gelê op die beeldmateriaal.

“Die verdagtes het die naweek ná hul inhegtenisneming agter tralies spandeer, en is die Maandag op borgtog vrygelaat,” het Joubert gesê. “Hulle moet weer op 14 Januarie in die hof wees.”

Alhoewel die twee reeds in die hof verskyn het, mag hul name nie bekend gemaak word alvorens hulle gepleit het nie omdat die vermeende misdrywe seksueel van aard is.

Die DBV het die hond van die perseel verwyder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Liesl ·

Hoe siek kan mense wees? Dit is regtig walglik!! Diere kan hulself nie beskerm nie. Ek het geen simpatie met pa of dogter nie. Op 21 ken mens al die verskil tussen reg en verkeerd.

Lawrance ·

Liesl dit is ver verby siek. Dit klink of die 42 jarige nie eers weet wat die verskil tussen reg en verkeerd is nie.

Chris van Heerden ·

Jenny moet asb nie die fout maak om te dink dit is net in SA wat hiedie dinge gebeur nie. Dit en nog erger dinge gebeur dwars oor die wereld.

Ai tog ·

Dis die eindtyd mense walglik verby, wat noem jy nou die 2 mense, hullle sal seker vir waarneming gestuur word dankie Vader daar is nie klein kinders in die prentjie net die arme hond het deur geloop.

Marietjie ·

Ag nee, sies man. Arme hond – vir die pa en dogter voel ek niks. Die Vader het julle darem seker ‘n bietjie (al is dit ‘n baie klein bietjie) grys stof gegee tussen julle ore om te weet wat julle doen is siek.

V ·

WTF!!!!!Wat gaan aan die laaste tyd met die siek samelewing!?Mense word deur barbare geslag soos diere,babas van 2jaar word mishandel en dan nou nog pa en dogter met n hond.Hel nee kyk die wereld word al hoe meer sieker!

Angelique ·

Sies,is hulle dalk verstandlik vertraag????Mens moet iets makeer om sulke vieslike walglik goed aan te jaag,ek kan regtig net my kop skud.

HEIDI ·

Dis verby siek. Ek glo nie eers verstandelike gestremdes kan so iets doen nie en dat dit absoluut van die satan is. Ek dink GOD moet baie hartseer wees as hy neerkyk op als wat die mensdom aanvang hier op aarde.

@ Oom Koos ek bly in Brakpan en soos enige ander dorp in die land het Brakpan ongelukkig ook sy “minder goeie” dele. Maar ja ongelukkig is dit sulke mense wat Brakpan nog ‘n slegter naam gee.
Nie almal in Brakpan is sleg nie.

Hannelie ·

Ek stem saam met jou Heidi, dis ongelukkig sulke eenvoudige mense wat jou dorp ‘n slegte naam gee en in ‘n slegte lig stel. Almal is nie so nie. Maar die twee hoort agter tralies, weg van mense en diere, want sulke gemors kan jy nie op straat loslaat nie. Arme, arme hond.

Lin ·

Ek ‘haat’ dit as mense ‘n dorp/plek veralgemeen, EK het my dogter en skoonseun en 3 pragtige kleinkinders wat daar bly, MOËT ek ook nou se julle is ‘commin brakpanners’ ? Oral in ELKE dorp is Daar iets/iemand wat ook vieslike goed doen ,MAAR die bure DOEN niks daaraan nie, want Almal kyk net vorentoe, en nie wat omgaan om hulle nie, kom ons se eerder vir die mense wat hulle gaan verklap het , Wonderlik mense ,julle het die Regte ding gedoen !!!! So Dalk moet jy nie in Brakpan gaan bly as jy gemors wil aanvang nie want Brakpan se mense vat nie nonsens nie !!
Sover ek weet is wat die mense gedoen het so teen die Bybel , bestialiteit is ‘n ongelooflike sonde, om nie te praat van bloedskande nie. Ek glo die Here kan net nie meer Al die sondes wat in die wereld aangaan ,meer hanteer nie . Alles moet tot ‘n einde kom. Alles is besig om TE verander van die weer,die regering,die skole (waar godsdiens verbied gaan word) en die mensdom.God slaap nie,hierdie wereld is EEN GROOT GEMORS !!!

annatjie ·

Ai die mensdom! Sny af en gooi dit weg wat kwaad doen. Het ons mensdom dan nie respek vir ons eie liggame nie? Wat is dit dat mense so seksbehep is, die lewe bestaan mos nie net daaruit nie.
Sal baie beter gaan wanneer ons mensdom die grysstof (brein) positief gebruik.

violet Botha ·

Dit is absoluut walglik. maar Brakpan is nie die enigste plek waar dit gebeur nie. Dit is wereldwyd, SA is maar die punt van die ysberg. Die mens is siek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.