Pa vas oor kleuter se dood

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 29-jarige man van Noordwes sal Maandag in die hof verskyn in verband met die moord op sy vyfjarige seun.

“Die verdagte het homself en sy seuntjie Oukersaand om 22:00 glo in ʼn kamer toegesluit by die ouma se huis in Taung,” het kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, gesê. “Een van die kinders het glo later aan die deur gaan klop, maar daar was nie antwoord nie.”

Hulle het die familielede in kennis gestel wat toe deur die venster gaan loer het. “Hulle kon sien die seuntjie hang aan een van die dakbalke. Die pa het glo die deur oopgemaak en weggehardloop.”

Die polisie is ontbied en die vyfjarige se liggaam is in die vertrek aangetref.

Die pa het later teruggekeer en het homself aan die polisie oorgegee. Die motief vir die voorval is nog nie bekend nie. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.