‘Parlement is geen kleuterskool,’ sê Zuma aan opposisie

Zuma in die parlement. Foto: Twitter

Zuma in die parlement. Foto: Twitter

Pres. Jacob Zuma het opposisiepartye Woensdag in die parlement daarvan beskuldig dat hulle in ʼn “parallelle wêreld” leef en ʼn gebrek aan “politieke idees” het.

Zuma het aan die DA en EFF gesê hulle is ʼn verleentheid en dat hulle nooit verby ’n sekere deel van die nasionale stemme sal groei nie. “Dit is die probleem van die partye wat aan politieke armoede ly. Hulle het geen wesenlike politieke kwessies om in die parlement te opper nie, dit is die probleem. Hulle spring op enigiets wat vorendag kom en dit word ’n slagspreuk,” het Zuma gesê in sy reaksie op die debat oor die presidensie se begrotingsrede in die Nasionale Vergadering.

Zuma het gesê hy kan nie op talle opposisie-LP’s se striemende toesprake antwoord nie, aangesien hulle niks met “substansie” sê nie. Hy het ʼn beroep gedoen op die opposisie om meer respek te toon vir die parlement. “Julle kan nie ʼn jaar afsluit deur die huis van een man te bespreek nie. Net een man, ʼn huis, net ʼn huis,” het Zuma gesê in reaksie op die EFF se veldtog dat Zuma moet betaal vir die opgraderings aan sy Nkandla-woning in KwaZulu-Natal.

“Julle kan nie die parlement net as ʼn ander plek beskou, asof dit ʼn kleuterskool is nie. Dit is ʼn ernstige saak. Ons het te doen met die land. Dit is dieselfde as toe ons vir bevryding geveg het. Ons moet Suid-Afrika ten goede verander en ’n beter land maak. En ons kan dit nie doen deur die manier waarop ons ons gedra nie. Ek pleit by julle: Kom ons verander, kom ons respekteer die reëls, kom ons respekteer die voorsittende beamptes, kom ons respekteer mekaar. Dit is absoluut belangrik. Kom ons opper kwessies met waardigheid.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Theresa ·

Dan moet jy ook nie optree soos ‘n kleuterskool-kind nie………………..

david ras ·

Die opposisie partye leef in die werklike wereld–nie in Koekoe land soos hy nie. Mamparra van die jaar !

Remondo ·

Behandel ons belasting betalers ook met respek… dis ONS geld wat julle mors…..

anet ·

Zuma is die GROOTSTE KLEUTER. Ek wens hy wil daardie vingertjie wat altyd so wys iewers afbreek.

Gerhard Bezuidenhout ·

Jy praat van net een huis Zuma. Die een huis is die oorsaak van die besprekings in die parlement wat jou irriteer omdat jy R240 miljoen van die belastingbetalers se geld onwettig daarin spandeer het . Jy is die een wat die burgers van die land irriteer deur jou onnosele gegiggel in die parlement. Verdwyn asb permanent want met jou klomp vliegtuie rits jy net rond en bewys ons land geen guns nie.

chris ·

Julle is kwaad vir die verkerde mense.Die feit is hy is verkose deur by verre die meerderheid mense in die reenboogland en sal vandag weer vekies word.As julle Zumpie verwyder sal daar maar net weer ‘n zumpie wees.Moet nie die simptome behandel nie verwyder die siekte.

Paul ·

Om ‘n breinkwaal te kan diagnoseer MOET daar ‘n brein teenwoordig wees. In die geval dink ek sal ‘n mens ‘n redelik goeie vakuum kan opspoor want daarvoor is ‘n brein nie nodig nie.

neelsie ·

Hoe kan ons respek he vir so n onprofessionele president ?

alex ·

Duidelik het te veel pret ‘n negatiewe invloed op zuma se logika.

Henk ·

En dink Zuma moet kleuterskool toe gaan. Dalk kan hy daar nog wat leer.

CHRISTA ·

Vir hoeveel kinders se onderwys sou daardie komp geld nie kon betaal nie? Dalk moet ons opposisie die Internasionale Hof nader, want sy bedrog en wanbesteding (amper ‘n kwart miljard vir sy PRIVAAT WONING, een internasionale vlug wat meer as R3 miljoen kos, ENS, ENS, ENS) beroof die armstes van ons land van ‘n beter lewe (wat hulle al meer as 20 jaar terug beloof is)!!

Alki ·

As die skoen pas, trek hom aan en dra hom , sirkusnar!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.