Parow-man word al drie dae lank vermis

Gerhardus Marais Foto verskaf

Gerhardus Marais Foto verskaf

Gerhardus Marais (44) van Parow in die Wes-Kaap word al sedert Sondag vermis, het die Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste persone op te spoor, gesê.

Marais se vrou het hom laas omstreeks 17:00 by hul huis in Melt Brinkstraat gesien. Hy het ʼn rooi en wit blokkieshemp, khaki-kortbroek en ʼn groen De la Rey-sak by hom gehad. Hy moet mediese behandeling ontvang en hy is moontlik baie depressief.

Hy is groot gebou en is 1.9 meter lank en weeg 108 kg. Hy het blou oë en grys hare. Hy het bakore en ʼn dubbelken. Hy het ook letsels aan sy linkerarm en nek.

Dessie Rechner, woordvoerder van Pink Ladies, het versoek dat enigiemand met inligting oor waar Marais homself bevind dadelik met hulle in verbinding sal tree deur 072 214 7439 te skakel of kontak ao Spannenberg by die Parow-polisiestasie by 082 411 3292. Versprei asseblief ook die onderstaande plakkaat of hierdie berig.

Gerhardus Marais

Gerhardus Marais

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.