Pastoor geskors wat seun glo molesteer

Argieffoto

Argieffoto

Die Volle Evangelie Kerk van God het bevestig dat die pastoor wat daarvan beskuldig word dat hy ’n negejarige seun verkrag en gemolesteer het, tydelik geskors is.

Past. Willie Douglas, ’n senior leraar, het in ʼn verklaring gesê die kerk “neem met kommer en spyt kennis van die aantygings deur ʼn seun van seksuele misbruik en sataniese rituele teen van sy familielede en een van ons leraars in die Oos-Rand”.

Die negejarige seun se grootouers, oom en die pastoor is Dinsdag borgtog in die Germiston-landdroshof toegestaan. Die grootouers, die seun se 29-jarige oom en die 54-jarige pastoor is elk op borgtog van R4 000 vrygelaat.

Die seun se oom en grootouers het hom glo een keer na die pastoor se kerk geneem. Die volwassenes het glo maskers en rooi mantels aangetrek en ʼn sirkel met rooi stene gemaak. Hulle het die seun omring, “in vreemde tale gebid” en die kind aangesê om aan hul geslagsdele te raak. Sy oom het hom glo ook gesodomiseer.

Douglas het gesê die Volle Evangelie Kerk wil dit onomwonde stel dat hulle enige vorm van mishandeling, hetsy seksueel of andersins, ten sterkste afkeer. “As kerk sal ons dan ook met alle partye saamwerk in hulle ondersoek en ook gereed wees om berading en ondersteuning te bied aan diegene wat deur hierdie ongelukkige en onaanvaarbare aantyging geraak is.”

Klik hier vir vorige berigte oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

ladybug ·

satan en sy volgelinge infiltreer oral, selfs in die kerk … maak julle oë oop mense …

Sollie ·

Vieslike ding. Net TYDELIK geskors? Sodat hy die kind kan intimideer en wegkom met dit??

Janine N ·

En dan vra mense hoekom ons nie kerk toe gaan nie? Regtig!? In ons huis kan ons kinders ten minste bid sonder ‘n pedofiel in die nabyheid!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.