Plaasaanval in Ermelo: Bejaardes met kookwater, strykyster gemartel

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Bejaarde egpaar van Ermelo, Mpumalanga, is Donderdagoggend deur aanvallers oorval en met kookwater en ʼn strykyster gemartel, skaars vier dae nadat die liggaam van JR Buhrman (77) in sy plaashuis in dieselfde omgewing dood aangetref is.

Sers. Gerald Sedibe, ʼn polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig dat die egpaar Donderdagoggend om 04:00 in die slaapkamer van hul plaashuis, op die Bloukop-plaas, deur drie gewapende mans oorval is. Die egpaar is onderskeidelik 76 en 73 jaar oud.

Die egpaar se name is intussen op sosiale media bekend gemaak as Edward en Ina de Villiers, maar die polisie kon dit nog nie bevestig nie.

“Die aanvallers het hulle vasgebind en kookwater oor hulle uitgegooi,” het Sedibe gesê. “Hulle het geld en die kluis se sleutels geëis.” Dit is in die stadium nog nie bekend waarom die egpaar nie die kluis se sleutels oorhandig het nie.

“Die mans het daarna die vrou na ʼn buitekamer geneem waar hulle haar met ʼn warm strykyster op haar bors gebrand het in ʼn poging om die sleutels te kry,” het Sedibe bygevoeg. Die aanvallers het uiteindelik die kluis uit die muur gebreek en met die egpaar se bakkie gevlug.

Die boer kon homself bevry en het hulp oor die noodradio ontbied. “Een van die bure het die egpaar te hulp gesnel en ʼn ambulans ontbied. Een van die boere in die omgewing het die egpaar se bakkie naby Breyten opgemerk en die verdagtes agternagesit,” het Sedibe verduidelik. “Die aanvallers het op hom losgebrand en hy het teruggeskiet. Niemand is in die oor-en-weer-skietery beseer nie. Die verdagtes het in die veld ontsnap.”

Die egpaar se voertuig en die kluis is opgespoor.

Die egpaar is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Die man is stabiel en het brandwonde aan sy kop en gesig opgedoen. Die vrou is in ʼn ernstige toestand.

Niemand is nog in verband met die aanval in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van huisbraak. Sedibe het gesê ekstra aanklagte van poging tot moord kan moontlik bygevoeg word.

Lees ook:
Video: Aantal plaasaanvalle vir 2014 bekend gemaak
Plaasmoorde: “Wanneer gaan dié euwel end kry?”
Vermoorde Ermelo-boer se naam bekend; twee ondervra
Plaasmoord: Bejaarde naby Ermelo vermoor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Ria Maritz ·

“Die mans het daarna die vrou na ʼn buitekamer geneem waar hulle haar met ʼn warm strykyster op haar bors gebrand het …”.

WREEDHEID HET ERG TOEGENEEM !

Mag u beide spoedig herstel – as gelowiges word u en elke persoon wat deur hierdie wrede misdade geteiken is, ernstig in gebed opgedra.

VADER, HELP ONS ASSEBLIEF !

Suzette ·

Dit raak nou erg verby en al hoe meer en meer. Waar gaan dit eindig?

magdaleen ·

Kry net asseblief Al die feite korrek voor julle Iiets publiseer

Sune van Heerden ·

Dagsê Magdaleen

Ons wag nog vir kommentaar van die polisie, maar indien jy voel daar is wysigings wat aangebring moet word, stuur asseblief ‘n e-pos na [email protected].

Baie dankie,
Groetnis
Suné van Heerden
nms Maroela Media

Heila Fourie ·

Ek glo daar is foto’s van die marteling geneem en dat daardie foto’s versprei word op internet en na oorsese koerante gestuur word sodat mense se oe kan oopgaan om te sien hoe boere gemartel word en dan praat ek nie eens van die wrede moorde nie! Hoe siek is die “mense” van Suid Afrika!.
Heila

marinda en wikus joubert ·

Baie sterkte aan die de Villiers egpaar. Al wat ek sê is ons moet dieselfde doen aan daardie barbare as hul gevind word, martel hul tot die dood. Wonder wat Pres. Zuma sal doen as dit met sy familie gebeur?????????

christa ·

Kan daar nie werklik aandag geskenk word om die DOODSTRAF terug te bring vir die persone wat ander MENS DOOD maak nie, ek glo dan sal daar defnitief minder moorde plaas vind, want wat jy aan ander doen moet ook aan jou gedoen word, nee regtig dit kan nie so aan gaan nie.

adri ·

Dis tyd dat blankes opstaan en bymekaar begin staan en self gereg in eie hande neem. Dis b@[^»t die hulle kom weg met als. Bring di openbare galg en doodstraf terug. Ek is self al n bejaarde en ek dink apartheid was n beter tyd. Skiet di b….ms. Nog beter martel hulle soos wat hulle blankes martel

Mandy Cilliers ·

Ons is nie bewus van wat regtig besig is om in ons mooi land aangaan ni, dis onmenslik en sadisties hu ons mense gemartel word! Ek is op pad te rug van Kanada en glo my my hare ruis om te dink waarna toe ek moet terug gaan! Wanneer is genoeg GENOEG????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.